Bespreking:Bonné de Bod
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Bonné de Bod-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Bonné de Bod
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Foto
wysigGoeiedag, as mens 'n foto wil oplaai van bv Bonné de Bod, hoe weet mens wanneer jy 'n foto mag oplaai en hoe jy die kopiereg inligting,ens. kry om by te sit? Dankie. (Jeanine (2018) (kontak) 11:23, 11 Oktober 2020 (UTC))
- @Jeanine (2018): mens laai lêers op by wikicommons. Sien hier. Jy mag basies net 'n lêer oplaai as jy dit self geskep het, of as dit onder een van die lisensies: CC-BY-SA, CC-BY, of CC0 vrygestel is. (Daar is ook spesiale omstandighede, soos wanneer 'n kopiereg verval, maar dit is gewoonlik vir baie ou fotos ens.) Die bladsy wat ek geskakel sal dit mooi verduidelik. Anders kan hy my hier vra as jy vas hak met iets. - Rooiratel (kontak) 08:00, 28 April 2021 (UTC)
- Baie dankie, @Rooiratel: ek sal daarna kyk, en weer met jou in verbinding tree as ek nog iets wil weet. Groetnis. Jeanine (2018) (kontak) 13:55, 28 April 2021 (UTC)
Hallo @Rooiratel:. Ek het nou probeer lees hoe om 'n foto op commons te laai, maar die inligting is baie oorweldigend. As jy of iemand wat dit al gedoen het my net kan verduidelik of ek reg is: Ek het Bonné de Bod gekontak rakende die foto. Sy het gesê die fotograaf, Susan Scott, het geen probleem daarmee as ek die foto op Commons laai nie. Gaan ek nou eers die foto by Upload Wizard oplaai en dan moet ek Scott se persoonlike toestemming iewers heen e-pos? Dit moet seker in Engels wees? Ek sal dit baie waardeer as iemand vir my meer lig op die saak kan werp! By voorbaat baie dankie. Groetnis (Jeanine (2018) (kontak) 18:10, 10 Augustus 2021 (UTC))
Engelse wikipedia
wysigEk moet dringend die Engelse wiki skep voor moremiddag, dit moet as 'n verwysing dien vir iemand. Nou sukkel ek, daar word gesê ek kan dit as 'n 'draft' skep wat eers gekeur moet word. Is daar enige ander manier? Ek het die inligting per e-pos ontvang wat geplaas moet word. Kan enige iemand my raad gee/help, @Aliwal2012:, @Oesjaar:?! – Hierdie ongetekende kommentaar is deur Jeanine (2018) (Bespreking • Bydraes) gelewer.
- Word jy betaal om hierdie artikels te skep? Groete! Oesjaar (kontak) 13:57, 28 April 2021 (UTC)
- Jeanine, jy bedoel seker die artikel oor Bonné de Bod op die Engelse wiki? -- Aliwal2012 15:23, 28 April 2021 (UTC)
Jammer, @Oesjaar: @Aliwal2012:, sien nou eers hierdie! Nee, ek word nie betaal nie(ek weet mens mag nie betaling aanvaar nie) ek doen dit uit my liefde vir die natuur en uit dankbaarheid wat hierdie dame vir die natuur doen. Ek het haar genader vir meer inligting, waarop sy gevra het of ek nie asb. die stuk op die Engelse kant kan plaas nie, 'n oorsese persoon wou dalk meer oor haar lees rakende 'n moontlike uitsending van haar rolprent. Ek hoop dit maak dit duidelik. Baie dankie! (Jeanine (2018) (kontak) 21:36, 26 Junie 2021 (UTC))
- Geluk, ek sien die artikel is nou (5 Aug) aanvaar op die Engelse wiki! Aliwal2012 14:00, 6 Augustus 2021 (UTC)
Dankie @Aliwal2012:! Ek het bietjie gesukkel, maar met die tweede probeerslag het @Bogger: baie gehelp. Dankie ook vir julle! (Tussen ons: ek werk veel lekkerder op die Afrikaanse Wikipedia!) (Jeanine (2018) (kontak) 17:30, 9 Augustus 2021 (UTC))
Aangehaalde bronne
wysigIs die bronne gesaghebbend genoeg? Ek sukkel op die Engelse Wiki om hierdie blad daar gepubliseer te kry, omdat die bronne nie gesaghebbend genoeg is nie?! Jeanine (2018) (kontak) 12:34, 25 Junie 2021 (UTC)
- Antwoord: Ek haal aan uit die Britse wiki (jy het dit al daar gelees):
- Jy moet maar self besluit hoe jy dit kan verbeter. Die patroleerders op en:wp is baie vol nonsens oor nuwe artikels.
- Sterkte! -- Aliwal2012 15:01, 25 Junie 2021 (UTC)
Dankie Aliwal2012, ook vir jou redigering, soos ek verstaan wil hul gepubliseerde, geloofwaardige koerante/tydskrifte as bronne hê, bv. artikels op Beeld of New York Times of op hul webblaaie. Ek wil jul net 'n pluimpie gee oor die toeganklikheid van die Afrikaanse Wiki! (Jeanine (2018) (kontak) 21:05, 26 Junie 2021 (UTC))
- Waak net teen opstelle vs Ensiklopediese artikel. Groete! Oesjaar (kontak) 18:39, 10 Augustus 2021 (UTC)