Bespreking:Ingrid Jonker
Jongste opmerking: 16 jaar gelede deur Voyageur in onderwerp Vermelding van bron
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Ingrid Jonker-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Ingrid Jonker
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Vermelding van bron
wysigAlhoewel ek nie tot die onlangse bronne-debat toegetree het nie, behalwe vir 'n gesprek met Anrie daaroor, en ek eintlik in dieselfde kamp as Voyageur oor die hele onderwerp staan, voel ek sterk dat hierdie artikel bronverwysings sal moet gee vir dinge soos wat Abraham H. Jonker na bewering oor sy dogter se dood gesê het. (Ek het al presies daardie selfde storie gehoor van iemand wie se ouers goeie vriende was met Abraham Jonker, maar dit moet steeds gestaaf word). Nomdeplume (kontak) 22:54, 26 Junie 2008 (UTC)
- Die storie word deur Ingrid Jonker se Suid-Afrikaanse vriende bevestig (sien die Nederlandse dokumentêr), ek het die sjabloon dus verwyder.
- In die rolprent word ook ander dinge aangespreek. Haar vriende het vir Ingrid Jonker se begrafnis 'n eenvoudige kis gekoop, maar Abraham Jonker het destyds besluit dat sy dogter 'n duur een moes hê. Vir die kis, wat hy bestel het, moes haar vriende uiteindelik betaal. Nogtans was hy moontlik nie werklik 'n slegte mens nie - ná die dood van Ingrid het hy begin drink. --Voyageur (kontak) 21:29, 27 Junie 2008 (UTC)