Brümilda van Rensburg
(Aangestuur vanaf Brumilda van Rensburg)
Brümilda van Rensburg (gebore 30 Oktober 1956) is 'n bekende Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is op 30 Oktober 1956 in Philippolis in die Vrystaat gebore en het in Pretoria grootgeword.
Brümilda van Rensburg | |
Geboortenaam | Brümilda van Rensburg |
---|---|
Geboorte | 30 Oktober 1956 Philippolis, Vrystaat |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise, motiveringspreker en seremoniemeester |
Webwerf | brumilda.com |
Toekennings | Vita–toekennings, Rapport Prestige, Media-veertjie: Beste Aktrise, Ludwig Binge-toekenning (2x), Mense Tydskrif "Mees populêre Aktrise" |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy het die graad, BA Honneurs in Drama met lof aan die Universiteit van Pretoria verwerf en twee keer die universiteit se Ludwig Binge-toekenning ontvang vir haar sukses in die uitvoerende kunste. Haar toneelspeltalent is reeds op skool raakgesien by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria en sy het die eerste skolier geword wat erekleure vir toneelspel ontvang het.
Filmografie
wysig- Binnelanders (TV-reeks), 2014-
- Leading Lady, 2014
- Musiek vir die Agtergrond, 2013
- High Rollers 2012–2013
- Hartland, 2012
- The Power of Three, 2011 as Olivia
- Eternity, 2010 as Lilian Shapiro
- Egoli: Afrikaners is plesierig, 2010 as Louwna
- Egoli: Plek van Goud (TV-reeks), 1992–2009 as Louwna
- Agter Elke Man, 1990 as seremoniemeester
- Return to Justice, 1990
- Brutal Glory (video), 1990 as Lottie
- Eendag vir Altyd, 1988
- Edge of Innocence, 1988
- Dancing in the Forest, 1988
- 'n Wêreld sonder Grense, 1987
- Arme moordenaar (TV-fliek), 1986
- Boetie op manoeuvres (Wild Maneuvres), 1985 as gas by partytjie
- Nag van Vrees, 1985
- Koöperasiestories (TV-reeks), 1983 as Flora
Sien ook
wysig- Egoli: Plek van Goud waarin sy die rol van Louwna vertolk.
- Egoli: Afrikaners is plesierig
- NG gemeente Jeppestown