Blouvin-knorhaan
(Aangestuur vanaf Chelidonichthys kumu)
Die blouvin-knorhaan (Chelidonichthys kumu) is 'n vis wat in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die kus van suidelike Afrika tussen Kaapstad en Maputo voorkom. In Engels staan dit as die bluefin gurnard bekend.
Blouvin-knorhaan | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Superfilum: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. kumu
|
Binomiale naam | |
Chelidonichthys kumu (G. Cuvier, 1829)
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 60 cm lank. Die lyf is bruinerig tot rooi aan die bokant en ligbleek aan die onderkant. Die pektorale vinne is kleurryk; hulle is donker blougroen met 'n blou rand. Daar is ook 'n swart kol en blou-wit kolletjies op die basis van die pektorale vin. Die visse leef in rotsagtige kusareas en aflandige riwwe in water wat 1 tot 200 m diep is. Die vis is 'n alleenloper en lê en wag op die bodem om skaaldiere te vang.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3