Cornal Hendricks
Cornal Hendricks (gebore in die Paarl, Suid-Afrika op 18 April 1988) is ’n rugbyspeler wat vir die Vrystaat Cheetahs op vleuel in die Curriebeker en die Cheetahs in Superrugby speel.
| |||||
Volle naam | Cornal Hendricks | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 18 April 1988 | ||||
Geboorteplek | Paarl, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 189 cm | ||||
Massa | 90 kg | ||||
Skool | Hoërskool Bergrivier | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Huidige status | |||||
Posisie | Vleuel | ||||
Huidige span | Cheetahs | ||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel/Senter | ||||
Springbokno. | 855 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006 | Fidentia Roses | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–2012 2014– |
Boland VS Cheetahs |
68 0 |
(135) (0) | ||
korrek soos op 25 September 2014. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014– | Cheetahs | 27 | (55) | ||
korrek soos op 17 Junie 2015. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2014– | Suid-Afrika | 12 | (25) | ||
korrek soos op 25 Julie 2015. | |||||
Nasionale Sewesspan | |||||
Jare | Land | Toernooie | |||
2011– | Suid-Afrika |
Hendricks het die Boland in alle ouderdomsgroepe tot op senior vlak verteenwoordig. In 2011 word hy gekies om vir die Suid-Afrikaanse nasionale Sewesrugbyspan te speel waar hy tot 2013 sy land in 17 toernooie en ’n wêreldbeker verteenwoordig. Hy het in 2011 en 2012 aan die Suid-Afrikaanse toernooi deelgeneem, in 2012 en 2013 het hy aan die toernooie in Nieu-Seeland (Auckland), die VSA (Las Vegas), Hongkong, Japan (Tokio), Skotland (Glasgow), Engeland (Londen), Australië (Goudkus) en die VAE (Dubai) deelgeneem. Hy is ook in 2012 gekies vir die Suid-Afrikaanse Suidelike Barbarians wat teen Engeland gespeel het. In 2013 was Hendricks deel van die Sewespan wat ’n goue medalje by die Wêreldspele in Cali, Colombia gewen het[1] en is hy ingesluit in die span wat in 2013 aan die Seweswêreldbeker deelgeneem het.
Hendricks is in 2014 beloon met ’n plek in die vergrote Springbokgroep vir ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n Wêreld XV en drie toetse teen Wallis en Skotland.[2] Op 14 Junie 2014 het Hendricks sy Springbokdebuut teen Wallis gemaak en ’n drie gedruk in sy eerste toets. Hy was ook deel van die Sewespan wat in 2014 ’n goue medalje by die Statebondspele in Skotland gewen het[3] en beoog om aan die Sewestoernooi by die Olimpiese Spele in 2016 deel te neem.[4]
Verwysings
wysig- ↑ (en) "SARU wens Springboksewes gouemedaljewenners geluk" (html). 4 Augustus 2013. Besoek op 5 Augustus 2014.[dooie skakel]
- ↑ Karstens, Gerdie (1 Junie 2014). "Ses Cheetahs vir Bok-groep gekies". Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 3 Junie 2014. Besoek op 3 Junie 2014.
- ↑ "SA wen goud by Statebondspele" (html) (in Engels). irb.com. 26 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 5 Augustus 2014.
- ↑ "Bokvleuel het Olimpiese droom" (html) (in Engels). Sport24. 30 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 5 Augustus 2014.