Disa venusta
plantspesie
Disa venusta is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Kaapse Skiereiland tot by Bredasdorp voor, meestal onder 450 m bo seevlak. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2920 km2. Die spesie se habitat verklein voortdurend as gevolg van kus ontwikkeling, indringerplante en 'n gebrek aan veldbrande.
Disa venusta | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. venusta
|
Binomiale naam | |
Disa venusta Bolus, (1884)
| |
Sinonieme | |
|