Duinemirtebessie
Die duinemirtebessie (Eugenia capensis) is 'n struik of 'n klein boom wat tot die Myrtaceae familie hoort. Die spesie kom in die duinebos vanaf Port Elizabeth tot in die Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor. Die plant is 'n geoksiel. [1]
Duinemirtebessie | |
---|---|
vrugte | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Myrtaceae |
Genus: | Eugenia |
Spesie: | E. capensis
|
Binomiale naam | |
Eugenia capensis |
Hierdie spesie is die maklikste uitkenbaar van die genus. Die blare is kenmerkend kruisgewys, teenoorstaande, sittend, byna rond met rande wat na onder gerol is. Die boom se FSA-nommer is 553.1.[2]
Daar is sewe subspesies:
- Eugenia capensis subsp. albanensis (Sond.) F.White
- Eugenia capensis subsp. capensis
- Eugenia capensis subsp. gueinzii (Sond.) F.White
- Eugenia capensis subsp. natalitia (Sond.) F.White
- Eugenia capensis subsp. nyassensis (Engl.) F.White
- Eugenia capensis subsp. simii (Dummer) F.White
- Eugenia capensis subsp. zeyheri (Harv.) F.White
Verwysings
wysig- ↑ Savanna fire and the origins of the 'underground forests' of Africa Maurin O, Davies TJ, Burrows JE, Daru BH, Yessoufou K, Muasya AM, van der Bank M, Bond WJ.,New Phytol. 2014 Oct;204(1):201-14. doi: 10.1111/nph.12936. Epub 2014 Jul 17..
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online