Extremadura
Extremadura is een van die sewentien outonome gemeenskappe van Spanje. Dit is in die suidweste van Spanje, halfpad tussen Lissabon en Madrid, geleë en grens aan Portugal, en die outonome gemeenskappe Kastilië-La Mancha, Kastilië en León en Andalusië. Die bevolking is in 2018 deur die Instituto Nacional de Estadística op sowat 1,073 miljoen beraam. Administratief is Extremadura in twee provinsies onderverdeel, Badajoz (die grootste van alle Spaanse provinsies volgens oppervlakte) en Cáceres. Die hoofstad is Mérida met 'n bevolking van iets meer as 59 000. Die enigste groter stedelike nedersetting in die yl bevolkte streek is Badajoz met ongeveer 150 000 inwoners. Na die plaaslike bevolking word in Spaans as Extremeños verwys.
| |||||
Volkslied: Himno de Extremadura | |||||
Hoofstad | Mérida | ||||
Amptelike Tale | Spaans | ||||
Oppervlak – Totaal – % van Spanje |
Rang 5de 41 634 km² | ||||
Bevolking – Totaal (2018) – % van Spanje – Digtheid |
Rang 12de 1 073 000 2,6 25,8/km² | ||||
Inwonersnaam – Afrikaans – Spaans – Spaans |
Extremaduraan extremeño Extremadura | ||||
Statuut van Outonomiteit |
26 Februarie 1983 | ||||
Parlementêre verteenwoordiging – Kongressetels – Senaatsetels |
10 10 | ||||
President | Guillermo Fernández Vara (PSOE) | ||||
ISO 3166-2 | ES-EX | ||||
Extremadura |
Die streeksnaam, wat «Anderkant die Duero» beteken, verwys na die historiese rol van die Duero as grensrivier tydens die Reconquista, die Christelike herverowering van Spanje en Portugal. Eeue lank het die rivier die Christelike en Moors-Islamitiese invloedsfeer op die Iberiese Skiereiland van mekaar geskei. Die Portugese Estremadura het dieselfde etimologiese oorsprong.
Tradisioneel is Extremadura een van die armer randgebiede van Spanje wat in die vroeë 16de eeu 'n buitengewoon hoë persentasie van conquistadores opgelewer het[1], onder wie Francisco Pizarro, 'n boorling van Trujillo. Baie van die conquistadores het as welvarende mans na hul geboorteland teruggekeer waar hulle paleise en vestings laat oprig het. Die Spaanse veroweraars het ook diep spore in die Nuwe Wêreld gelaat wat van taalbesonderhede tot plekname strek. So dra 'n aantal nedersettings in Peru, Venezuela, Honduras en die Dominikaanse Republiek die naam Trujillo. Vir 'n groot deel van sy moderne geskiedenis was Extremadura 'n emigrasieland. In die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog het 700 000 Extremeños hulle elders in Spanje of in die buiteland gevestig.
Klimaat
wysigDie grootste deel van Extremadura het 'n Mediterreense klimaat, met uitsondering van die noordelike bergstreke wat deur 'n vastelandse klimaat met groter jaarlikse speling in temperature gekenmerk word. Die waterryke en vrugbare noorde van Extremadura kontrasteer met droë streke suid van die Taagrivier. Hier word wilde ongerepte landskappe aangetref waar die mens nouliks in die natuur ingegryp het.
Extremadura het gematigde winters met hoër reënval en warm en droë somers. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur wissel tussen 16 en 17 °C. In die koeler noordelike bergstreke word hierdie klimaatsparameter bereken as sowat 13 °C, terwyl dit in die warmer suide ongeveer 18 °C is. Gedurende die somermaande word 'n gemiddelde temperatuur van 26 °C gemeet, met uiterstes van 46 °C. Die gemiddelde jaarlikse reënval is tussen 450 en 500 mm.
Verwysings
wysig- ↑ Dr. Peter Martin: Zucker für die Welt. Die Anfänge der Sklaverei und der Fabrikgesellschaft in Südamerika. Berlin: Universitätsverlag der TU Berlin 2012, bl. 25
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Extremadura. |
- (en) Toerisme-inligting oor Extremadura op Wikivoyage
- Amptelike webtuistes
- (es) Amptelike webwerf
- Toerisme
- Turismo Extremaduro: Astrotourism[dooie skakel]
- Game of Thrones - Juego de Tronos
- Turismo Extremadura: Game of Thrones scenarios[dooie skakel]