Fynstert-sambokhaai
Die Fynstert-sambokhaai (Alopias vulpinus) kom aan die hele kus van Suid-Afrika voor. Dit word tot 6 m lank. Die lyf is torpedovormig met 'n bruin tot blou-grys kleur terwyl die onderkant wit is. 'n Kenmerk van die haai is sy lang stertvin. Dit kom aan die kus sowel as in die oop water voor en gaan tot 366 m diep. Die haai is vivipaar en 2-7 kleintjies word op 'n keer gebore na 'n dratyd van 12 maande. Die fynstert-sambokhaai is eetbaar, maar word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In Engels is die haai bekend as die Thresher.
Fynstert-sambokhaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. vulpinus
|
Binomiale naam | |
Alopias vulpinus (Bonnaterre, 1788)
| |
Voorkoms area van die Fynstert-sambokhaai | |
Sinonieme | |
Alopecias barrae Perez Canto, 1886 |
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7