Geelhout
Die geelhout (Podocarpus latifolius), ook bekend as opregte geelhout of breëblaar-geelhout, is 'n groot immergroen boom in die familie Podocarpaceae wat tot 35 m hoog word. Hierdie boomspesie is Suid-Afrika se nasionale boom.[1] Die hout word in die houtbedryf benut. Die boom se FSA-nommer is 18.[2]
Geelhout Opregte geelhout | |
---|---|
Eksemplaar te Injasuthi in die Drakensberg | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. latifolius
|
Binomiale naam | |
Podocarpus latifolius |
Verspreiding en status
wysigDit is inheems aan Lesotho, Suid-Afrika en Eswatini en op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[3] Dit word aangetref van die Wes-Kaap tot in Mpumalanga en Limpopo. Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.[4]
Beskrywing
wysigDie stam kan 'n middellyn van tot 3 m hê. Dit is reusagtig wanneer dit in immergroen berg- en kuswoude groei, maar kom voor as lae of dwergagtige bome op blootgestelde berghange. Die bas is langskeeps gegroef. Manlike bome produseer pienkerige, katjieagtige keëls wat ongeveer 2,5 cm lank is. Die vroulike bome produseer vlesige blombodems en aan die punt word een of twee sade gevind. Die sade is ongeveer 1 tot 1,5 cm lank, dun en vlesig en word op 'n helderrooi, vlesige kussinkie gedra. Die sade word blou of perskleurig wanneer hulle volwassenheid bereik.
Fotogalery
wysig-
Saailinge -
Teen die hang van Tafelberg -
Loof op Tafelberg -
Loof in Graskopkloof
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Die Suid-Afrikaanse Gids. Feite en wenke. 2009. ISBN 978-1-86919-324-9
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
- ↑ Creecy, Barbara Dallas (1 Maart 2021). "Goewermentskennisgewings nr. 15, National Forests Act: List of protected tree species" (PDF). gov.za. Staatskoerant, No. 44204. Besoek op 20 Junie 2022.
Bronne
wysig- Conifer Specialis Groep (1998). Podocarpus latifolius. 2006 IUCN Rooilys van Bedreigde spesies. IUBN 2006. Besoek op 12 Mei 2006.
- Suid-Afrikaanse Staatsimbole
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geelhout.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Geelhout
Amptelike simbole van Suid-Afrika
| ||||
---|---|---|---|---|
Blom: | Boom: | Voël: | Dier: | Vis: |
die koningsprotea | die geelhout | die bloukraanvoël | die springbok | die galjoen |
Protea cynaroides | Podocarpus latifolius | Grus paradisius | Damaliscus pygarus | Distichius capensis |