Gereformeerde kerk Plettenbergbaai/Knysna
Die Gereformeerde kerk Plettenbergbaai/Knysna is die naasjongste gemeente in die GKSA se Klassis Boland. Einde 2015 was hier 70 belydende en drie dooplidmate (bes moontlik so min van laasgenoemde omdat die omgewing gewild is as aftreeplek vir mense uit die binneland). Dit was toe die naaskleinste gemeente in die Klassis; net Agulhas, die jongste in die Klassis, was kleiner met 38 belydende en geen dooplidmate nie. Einde 2015 was Eden se getalle onderskeidelik 73 en vyf.
Gereformeerde Kerk Eden | ||
Sluit in | Knysna Plettenbergbaai Sedgefield Wittedrift | |
Denominasie | Gereformeerde Kerk | |
Klassis | Klassis Boland | |
Huidige predikant(e) | Hanno van Schaik | |
Belydende lidmate | 46 | |
Dooplidmate | 11 | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 5 November 2006 | |
Afgestig van | George | |
Eerste predikant | Emile Naudé (2009–'15) |
Die Gereformeerde kerk Eden is in 2006 gestig as die sewende gemeente van die GKSA wat sedert 1976 aan die Wes-Kaap se kus tot stand gekom het. Eers het die gemeente op sowel Knysna (in die Presbiteriaanse kerk) as op Plettenbergbaai gehou, maar daarna net elke Sondagoggend halfelf in die NG kerkgebou op laasgenoemde dorp.
Die belydende lidmatetal het sedert die begin van 2016 gegroei tot 75 belydende lidmate en 5 dooplidmate. Daar is ook weer begin met eredienste op Knysna en wel op die eerste Sondag van elke maand. Hierdie eredienste vind om 09:00 plaas aan huis van Monica Venter, Circular Drive 56, Knysna.
Die gemeente se naam is met ingang 1 Januarie 2020 na Plettenbergbaai/Knysna verander om verwarring te voorkom.
Predikant
wysig- Naude, Emile, 2009 – 2015
- Knoetze, Geo (Hulpdienspredikant) 2016 – hede
- Braam van der Walt, 9 Desember 2018 – 31 Desember 2023
- Van Schaik, Hanno, 2024 – hede
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.