Gereformeerde kerk Klerksdorp-Noord
Die Gereformeerde kerk Klerksdorp-Noord is die jongste van die drie Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1927 en 1981 in Klerksdorp tot stand gekom het. Einde 2015 het die gemeente 259 belydende en 58 dooplidmate gehad, vergeleke met 280 en 61 ’n jaar vantevore.
Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Noord | ||
Sluit in | Doringkruin Flimieda Irenepark La Hoff Wilkeville Wilkoppies | |
Denominasie | Gereformeerde Kerk | |
Klassis | Noordwes | |
Huidige predikant(e) | A.P. (André) de Jager | |
Belydende lidmate | 234 | |
Dooplidmate | 46 | |
Adres | Pastorielaan 9 Wilkoppies Klerksdorp | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 11 Januarie 1981 | |
Afgestig van | Klerksdorp/ Klerksdorp-Wes | |
Eerste predikant | J.J. Cloete (1981–'89) |
Die gemeente Klerksdorp-Noord het op 11 Januarie 1981 van sowel die Gereformeerde kerk Klerksdorp as die Klerksdorp-Wes afgestig. Op 5 Maart daardie jaar het die nuwe gemeente n kleinhoewe in die woonbuurt Wilkoppies gekoop. Nadat ’n groot erf afgebaken is vir die pastorie en kerkgebou, is die oorblywende grond in ses woonerwe verdeel en verkoop om die koste van die kleinhoewe te bestry. Hendrik Vermooten se neef Hennie Vermooten, van die argiteksfirm Hartman, Van der Walt en Vermooten in Pretoria, is as argitek aangewys en Grobbelaar Bouers van Pretoria as bouaannemer.
Ds. J.J. Cloete het die gebou se hoeksteen op 24 September 1984 onthul en op 27 April 1985 is die gebouekompleks ingewy. Die kerkgebou bied sitplek aan 343 kerkgangers en het ’n saal wat daarmee aaneenskakel met nog 209 sitplekke, ’n moederskamer, wiegkamer, katkisasielokale, konsistorie en ’n kombuis. Kameeldoringbome omring die kompleks. ’n Digitale Allen-orrel is geïnstalleer.
Predikante
wysig- Cloete, Jacobus Johannes, 1981 – 1989
- Grové, dr. Andreas Hendrik, 1990 – 2010
- Van der Walt, dr. Sarel Petrus, 2011
- De Jager, Andries Petrus, 2012 – hede
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.