Gereformeerde kerk Waterkloofrand
Die Gereformeerde kerk Waterkloofrand is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die ooste van Pretoria wat voorstede soos Brooklyn-Suid, Erasmuskloof, Nieuw-Muckleneuk, Sterrewag, Waterkloof en Waterkloofrif insluit. Einde 2014 het die gemeente 297 belydende en 77 dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 345 en 112 einde 2001. Einde 2015 het dit toegeneem tot 314 belydend en 85 doop.
Gereformeerde Kerk Waterkloofrand | ||
Sluit in | Brooklyn-Suid Erasmuskloof Monumentpark (oos van R21) Nieuw-Muckleneuk Sterrewag Waterkloof Waterkloofhoogte Waterkloofrif | |
Klassis | Oostelike Pretoria | |
Huidige predikant(e) | Gerben Meijer | |
Belydende lidmate | 320 | |
Dooplidmate | 59 | |
Adres | H.v. Lange en Deystraat Nieuw-Muckleneuk Pretoria | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 16 Junie 1963 | |
Eerste predikant | B. Spoelstra (1964–1970) |
Stigting en kerkbou
wysigWaterkloofrand het op 16 Junie 1963 uit wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn ontstaan. Reeds in 1964 het die kerkraad die kerksaal van die NG gemeente Waterkloof (gestig in 1957) aangekoop. In 1968 besluit die gemeente om ’n kerkgebou op te rig waarvan die argitek David van der Walt, ’n lidmaat, sou wees. Die kerkraad het onder meer vereis dat die Woordbediening sowel as die sakramente ’n plek in die liturgiese ruimte moes vind met die Nagmaaltafel as middelpunt. Natuurlike en permanente materiaal moes gebruik word om onderhoud te beperk. Die gebou moes sober dog smaakvol wees en die mure hoog met vertikale lyne. Die orrel moes nie prominent voor in die kerk geplaas word nie. Bob Zylstra, ook ’n lidmaat, is as bouaannemer aangestel.
Predikante
wysig- Spoelstra, dr. Bouke, 1964 – 1970
- De Wet, Petrus Johannes, 1971 – 24 Maart 1985 (oorlede in die amp)
- Van der Walt, J.H.S., 1974 – 1980 (blykbaar uit die bediening)
- Hattingh, Christiaan, 1981 – 1987 (waarna eerste leraar van Rietvallei)
- Smit, dr. Cornelis Johannes, 1986 – 1995
- Breed, dr. Douw Gerbrand, 1995 – 2019
- Meijer, Gerben, 2020 – hede
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.