Groupe PSA
Die Groupe PSA (in Afrikaans, Groep PSA; afgekort PSA; soms Peugeot-Citroën genoem; vorige naam, 1991–2016, PSA Peugeot Citroën) is 'n multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig. PSA staan vir Peugeot Société Anonyme.
Groupe PSA | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1965 |
Hoofkantoor | Parys, Frankryk |
Sleutelpersone | Peugeot-familie Carlos Tavares |
Gebied bedien | Afrika, Europa, Latyns-Amerika, Midde-Ooste, Volksrepubliek China |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motorvoertuie kommersiële voertuie motoronderdele |
Dienste | Motorfinansiering voertuigverhuring voertuigdiens |
Inkomste | € 54,359 miljard (2014)[1] |
Netto inkomste | € 0,435 miljard (2014) |
Werknemers | 184.804 (2014) |
Moedermaatskappy | Peugeot-familie (14,1%), Franse Republiek (14,1%), DongFeng Motormaatskappy (14,1%) |
Divisies | Peugeot Citroën DS Motorvoertuig Opel Vauxhall Motors |
Webwerf | psa-peugeot-citroen.com |
Die belangrikste fabrieke is geleë in Europa (Frankryk, Spanje, Portugal, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye, Italië), in Asië (Turkye, Iran, China), in Afrika (Marokko, Nigerië), en Latyns-Amerika (Brasilië, Argentinië).
Die belangrikste markte vir PSA in 2014 was in Wes-Europa en China.
PSA se aandele vorm sedert 23 Maart 2015 deel van die CAC 40-mandjie op die effektebeurs Euronext in Parys.[2]
In 2015 het PSA 2 973 000 motors verkoop, 'n groei van 1.17% teenoor 2014.[3]
Na 88 jaar van eienaarskap het General Motors Opel en Vauxhall Motors in 2017 aan die Franse motorvervaardiger PSA verkoop.[4]
-
Die Peugeot 208.
-
Die DS 6WR, spesifiek vir die Chinese mark gebou.
-
Die Citroën C4 Cactus.
-
Carlos Tavares, voorsitter van die Raad sedert 1 April 2014.
-
Die Citroën DS, oorspronklike model.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met PSA Peugeot Citroën. |
Verwysings
wysig- ↑ (fr) PSA Peugeot Citroën – 2014 jaarverslag.
- ↑ (fr) "PSA Peugeot Citroën revient dans le CAC 40", Le Monde, 23 Maart 2015.
- ↑ (fr) "Peugeot : la bonne tenue de l'Europe a compensé la morosité chinoise en 2015", Les Échos, 12 Januarie 2016.
- ↑ "PSA Group purchase of Opel and Vauxhall Motors completed with new financial company", Autocar.co.uk, 1 Augustus 2017