Healdtown
Healdtown is 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is 10 km noordoos van Fort Beaufort.
Healdtown | |
---|---|
Koördinate: 32°43′0″S 26°43′0″O / 32.71667°S 26.71667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Raymond Mhlaba |
Stigting | 1853 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,76 km2 (0,29 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 332 |
• Digtheid | 437/km2 (1 130/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Swart mense | 100% |
• Ander | 0% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 98.5% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 5730 |
Skakelkode | 046 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie het ontstaan toe eerwaarde John Ayliff 'n Metodiste-sendingstasie vir die Fingostamlede in 1853 gestig het. Gedurende 1855 is 'n tegniese instituut deur sir George Grey bygevoeg. In 1867 is 'n teologiese kweekskool en opleidingskool vir onderwysers gestig met fondse geskenk grootliks deur James Heald vanaf die Wesleyaanse Metodiste-sendinggenootskap in Manchester. Uit dankbaarheid is die dorp na hom vernoem. Die eerste prinsipaal was eerw. W Impey. Wyle Nelson Mandela het sy matriek hier voltooi.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Healdtown". Sensus 2011.