Hendrik Schoeman
Suid-Afrikaanse politikus
Hendrik Stephanus Johannes Schoeman (gebore 11 Junie 1927 te Witklip, Delmas, Transvaalprovinsie en oorlede op 12 Februarie 1995 in Delmas) was 'n Suid-Afrikaanse beroepsboer en politikus.
Hendrik Schoeman | |
Minister van Vervoer
| |
Ampstermyn 1980 – 1986 | |
President | P.W. Botha |
---|---|
Voorafgegaan deur | Chris Heunis |
Opgevolg deur | Eli Louw |
Minister van Landbou
| |
Ampstermyn 1972 – 1980 | |
President | John Vorster→P.W. Botha |
Voorafgegaan deur | D.C.H. Uys |
Opgevolg deur | Pietie du Plessis |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 11 Junie 1927 Distrik Delmas |
Sterf | 12 Februarie 1995 Delmas, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
Alma mater | Universiteit van Pretoria |
Hy was lid van die Nasionale Party en lid van die parlement vir die kiesafdeling Standerton (1966-1974) en Delmas (1974-1986), adjunkminister van landbou (1968-1972), daarna minister van landbou (1972-1980) in die regerings van John Vorster en P.W. Botha, Landbou en Visserye (1980) en laastens Minister van Vervoer (1980-1986) in die kabinet van P.W. Botha.