Gariepdam
Die Gariepdam, vroeër bekend as die Hendrik Verwoerddam, is die grootste dam in Suid-Afrika met 'n oppervlak van meer as 374 vierkante kilometer wanneer vol. Die bakmaat word op 5 340 miljoen m3 geskat. Die dam vorm die beginpunt van die Oranjerivierprojek wat die verspreiding van water na die Groot-Visrivier en Sondagsrivier behels.
Gariepdam | |
---|---|
Die Gariepdamwal
| |
Amptelike naam | Gariepdam |
Ander naam | Lake !Gariep |
Vorige naam | Hendrik Verwoerddam |
Ligging | Vrystaat, Oos-Kaap |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 30°37′25″S 25°30′24″O / 30.62361°S 25.50667°O |
Dam in | Oranjerivier |
Doel | Stoordam, Hidroëlektrisiteit |
Konstruksie begin | 1965 |
Openingsdatum | 1971 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boog-gravitasiedam |
Hoogte van wal | 88 m |
Lengte van wal | 914 m |
Bakmaat | 5 340 miljoen m3 |
Hoogte bo seespieël | 1 259 m |
Kruinbreedte | 13 m |
Sluise | 6 |
Reservoir | Lake !Gariep |
Opvanggebied | 684 000 km2 |
Damoppervlak | 374 km2 |
Hidrokragsentrale | Konvensioneel |
Aanlegoperateur | Eskom |
Turbines | 4 x 90 MW |
Maksimumkapasiteit | 360 MW |
Jaarlikse opwekking | 889 GWh |
Brug dra | Motorverkeer |
Brugbreedte | 12 m |
Tolfooi | Geen |
Naam
wysigGariep is 'n San/Nama woord wat Groot water/Groot rivier beteken. Die Oranjerivier word ook na verwys as die Gij Gariep en daarom Gariepdam.
Afmetings
wysigDie damwal is ongeveer 88 meter hoog en 914 meter lank. Die damwal is van beton gebou en bevat ongeveer 1,73 miljoen m³ daarvan. Die damwal se ontwerp is 'n kombinasie van 'n gravitasie- en boogdam. Die dam het ses kruinsluise, drie aan elke kant. By die damwal word hidroëlektrisiteit opgewek deur vier generators, elk met 'n vermoë van 90 MW. Water wat deur die generators gebruik word, vloei verder af in die Oranjerivier na die Vanderkloofdam.[1]
Dorpie en toerisme
wysigDie werkers wat betrokke was by die bou van die Gariepdam is gehuisves in 'n dorpie, net onder die wal, wat bekend was as Oranjekrag. Die dorp heet nou Gariepdam en is 'n vakansie- en aftreedorp. Aan die dam se oewers is verskeie natuurreservate en vakansieoorde, die bekendste is seker die Forever Resorts se Gariep-vakansieoord,[3] die Gariepdam-natuurreservaat en die Oviston-natuurreservaat.
Fotogalery
wysig-
Gariepdam loop oor in Januarie 2011
-
Sonsondergang in Oviston-natuurreservaat aan die dam se suidekant
-
Naambord langs die pad oor die damwal
-
Uitsig oor die dam
-
Forever Resorts se vakansieoord by Gariepdam
Nota: Afstande per pad gemeet[4]