Hyundai Automotive Suid-Afrika
Hyundai Automotive Suid-Afrika (Edms) Bpk is 'n motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Rosslyn, Suid-Afrika. Die maatskappy is gestig in 2001 in samewerking met die houermaatskappy "Associated Motor Holdings" onder leiding van die sakeman Billy Rautenbach. Dit is die opvolger van die destydsbekende "Hyundai Motor Distributors" verspreidings- en handelaarnetwerk. Die fondament is gebou op die voormalige produksiefasiliteit in Gaborone, wat na Rosslyn verskuif is. Die bestuurshoof van die aanleg is Alan Ross. Die Rosslyn-aanleg het die verskaffing aan 80 handelaars in die lande Suid-Afrika, Botswana en Namibië oorgeneem. In 2005 het die maatskappy die Hyundai-toekenning as "Globale Verskaffer van die Jaar" verower.
Hyundai Automotive South Africa | |
Tipe | Propriety Limited |
---|---|
Gestig | 2001 |
Hoofkantoor | Rosslyn, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Alan Ross (hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Suid-Afrika |
Industrie | Motorvervaardiger kommersiële voertuigvervaardiger |
Moedermaatskappy | Hyundai Motormaatskappy |
Webwerf | hyundai.co.za |
Na afloop van die kortstondige onderbreking van die "Motor Company of Botswana" het Billy Rautenbach besluit om sy Hyundaiproduksie in Suid-Afrika te hervestig. Die modelreeks van die maatskappy was steeds dieselfde bekende modelle, met die Accent, Elantra, Sonata; asook die Tiburon wat gewild was onder Suid-Afrikaners in wedrenne en by dryfaanhangers.
Modelreeks
-
Hyundai Accent
2001–2006 -
Hyundai Elantra luikrug
2001–2007 -
Hyundai Elantra sedan
2001–2007 -
Hyundai Sonata Viv
2001–2004 -
Hyundai Tiburon
2001–2005 -
Hyundai Atos
2002–2004 -
Hyundai Getz
2002–2006 -
Hyundai Santa Fe
2003–2006 -
Hyundai Atos
sedert 2004 -
Hyundai H100 Bakkie
2004–2009 -
Hyundai Matrix
2004–2007 -
Hyundai Sonata
2004–2010 -
Hyundai Terracan
2004–2006 -
Hyundai Azera
2005–2010 -
Hyundai Tiburon
2005–2008 -
Hyundai Tucson
2005–2008 -
Hyundai Accent luikrug
sedert 2006 -
Hyundai Accent Sedan
sedert 2006 -
Hyundai Getz
sedert 2006 -
Hyundai Santa Fe
2006–2010 -
Hyundai Elantra
sedert 2007 -
Hyundai Matrix
slegs in 2007 -
Hyundai i10
sedert 2008 -
Hyundai H100
2009–2011 -
Hyundai H-1 Paneelwa
sedert 2009 -
Hyundai i20
sedert 2009 -
Hyundai i30
sedert 2010 -
Hyundai ix35
sedert 2010 -
Hyundai Santa Fe
sedert 2010 -
Hyundai Equus
2011 -
Hyundai ix55
sedert 2011