Kloof, KwaZulu-Natal
Kloof is 'n boomryke, middelklas na gegoede woonbuurt en klein dorpie, wat die kleiner gebied van Everton insluit, in die groter Durban area van eThekwini in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Kloof | |
---|---|
Dorp | |
Voorstedelike Kloof, KwaZulu-Natal, vanaf die hoogtes in Krantzkloof-natuurreservaat. | |
Koördinate: 29°47′S 30°50′O / 29.783°S 30.833°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Munisipaliteit | eThekwini |
Stigting | 1903 |
Regering | |
Oppervlak | |
• Totaal | 34,51 km2 (13,32 vk. myl) |
Hoogte | 560 m (1 840 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 29 704 |
• Digtheid | 861/km2 (2 230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 33.8% |
• Indiërs/Asiërs | 11.2% |
• Bruin mense | 0.7% |
• Swart mense | 53.8% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Engels | 45.1% |
• Zoeloe | 43.9% |
• Xhosa | 3.6% |
• Afrikaans | 3.4% |
• Ander | 4.1% |
Poskode (strate) | 3610 |
Poskode (posbusse) | 3610 |
Skakelkode | 031 |
Die naam verwys na 'n diep kloof wat deur die Molweni-stroom (die stroom van hoë klowe) uitgekerf is. Hierdie kloof is in die nabygeleë Krantzkloof-natuurreservaat geleë wat 4,47 vierkante kilometer (1,73 vierkante myl) groot is. Die Umbilorivier ontspring in die buurt.
Kloof strek vanaf die bokant van Field's Hill en grens aan Winston Park, Gillitts, Forest Hills en Hillcrest. Hierdie woonbuurte is gesamentlik bekend as die Upper Highway Area of die Buitenste Weste van Durban.
Die M13-hoofweg (gebou in die 1940's), op die roete van die Comrades-maraton, sny deur Kloof. Sedert 1924 hardloop deelnemers jaarliks in Junie hier verby op die 90 km lange ultramaraton tussen Pietermaritzburg en Durban.
Dit is grotendeels 'n wit Engelssprekende gebied. Kloof beskik oor verskeie luukse winkelsentrums en die Kloof Country Club, wat in 1927 gestig is. Dit is bekend as 'n misgordel met kronkelende paaie en wonings wat deur bome omring is.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Jump up to: 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kloof". Sensus 2011.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kloof, KwaZulu-Natal.
- Kloof se gemeenskap Geargiveer 20 Mei 2008 op Wayback Machine