Ledumahadi
Ledumahadi is ’n genus souropode-dinosourusse uit die Vroeë Jura wat in die Elliot-formasie in die Vrystaat, Suid-Afrika, ontdek is en waarskynlik sowat 200 miljoen jaar gelede in die gebied om Clarens voorgekom het.[1] Die tipe-spesie en enigste spesie is L. mafube, wat bekend is van ’n enkele, onvolledige skelet. Die dier was ’n reusagtige, vierpotige, vroeë souropode, met ’n gewig van tot sowat 12 ton, hoewel dit nog nie pilaarvormige pote ontwikkel het soos latere souropodes nie.[2]
Ledumahadi | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Ledumahadi (McPhee et al., 2018)
|
Tipe-spesie | |
|
Ledumahadi is Sesotho vir ’n "reusedonderslag teen dagbreek". Die navorsing oor die dinosourus is op 27 September 2018 aangekondig deur Wits-professor Jonah Choiniere, dr. Jennifer Botha-Brink van die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum in Bloemfontein en dr. Emese Bordy van die Universiteit van Kaapstad.[1]
Beskrywing
wysigL. mafube was die grootste landdier in die tyd toe dit gelewe het – dit was omtrent twee keer so groot soos ’n Afrika-olifant.[3] Die spesie was een van die eerste souropodes, wat die bekende Brontosaurus insluit. Alle souropodes was plantvretend en het op vier pote geloop. Hulle het ’n houding gehad soos dié van moderne olifante. [3]
Taksonomie
wysigDie filogenetiese ontleding van Ledumahadi lyk soos volg:[4]
Sauropodiformes |
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Canny Maphanga, News24.com, 27 September 2018. New species of dinosaur found in the Free State Geargiveer 28 September 2018 op Wayback Machine Besoek op 28 September 2018.
- ↑ McPhee (2018). "A Giant Dinosaur from the Earliest Jurassic of South Africa and the Transition to Quadrupedality in Early Sauropodomorphs". Current Biology. doi:10.1016/j.cub.2018.07.063.
- ↑ 3,0 3,1 Wits-universiteit aanlyn, 27 September 2018. "Ledumahadi mafube – South Africa’s new Jurassic Giant"
- ↑ Apaldetti, Cecilia; Martínez, Ricardo N.; Cerda, Ignatio A.; Pol, Diego; Alcober, Oscar (2018). "An early trend towards gigantism in Triassic sauropodomorph dinosaurs". Nature Ecology & Evolution. doi:10.1038/s41559-018-0599-y.
Eksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Ledumahadi