Lessemsauridae
Lessemsauridae is ’n familie of klade van vroeë souropode-dinosourusse wat in die Trias en Jura van Suid-Afrika en Argentinië voorgekom het. In ’n filogenetiese ontleding deur Apaldetti et al. is bevind ’n nuwe klade verbind Ingentia, Lessemsaurus en Antetonitrus, en hulle het dit Lessemsauridae genoem. Dié diere het hoogs pneumatiese nek- en rugwerwels gehad, asook stewige nekke, uitgebreide skouerblaaie en regop arms. Na gelang van die definisie van Sauropoda, is die klade óf die oudste souropode-takson óf ’n sustertakson van die klade.
Lessemsauridae | |
---|---|
Die skelet van ’n Lessemsaurus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Lessemsauridae Apaldetti et al. (2018)
|
Genera | |
Antetonitrus |
Die filogenetiese ontleding lyk soos volg:[1]
Sauropodiformes |
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verwysings
wysig- ↑ Apaldetti, Cecilia; Martínez, Ricardo N.; Cerda, Ignatio A.; Pol, Diego; Alcober, Oscar (2018). "An early trend towards gigantism in Triassic sauropodomorph dinosaurs". Nature Ecology & Evolution. doi:10.1038/s41559-018-0599-y.