Lorreins
(Aangestuur vanaf Lotharings)
Lorreins (Frans: Lorrain), of Lotharings is 'n oïl-taal, die versamelnaam vir die Romaanse streektale wat in die Franse gewes Lotaringe (Frans: Lorraine) gepraat word. Dit word ook in die aangrensende Gaume in België gepraat waar dit as Gaumais aangedui word.
Lorreins | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Frankryk België | |
Gebied: | Lotaringe Wallonië | |
Totale sprekers: | ||
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Wes-Romaans Galloiberies Galloromaans Gallorhaeties Oïl Lorreins | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n erg bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | -
| |
ISO 639-2: | -
| |
ISO 639-3: | -
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die taal word soms in die Vogese gehoor waar argaïse vorm bewaar gebly het (byvoorbeeld tchaté in plaas van château ). Die taal staan egter op die rand van uitsterwing.
Naas Lorreins word in Lotharinge ook 'n Frankiese, Germaanse dialek, Lotharings Frankies, gepraat wat ook as Lothringisch, Francique, Platt, Lothringer Platt of Lothringer Déitsch bekend staan.
Eksterne skakels
wysig- lorrain op lexilogos
- Le Patois Lorrain