Die makriel (Scomber japonicus) is 'n vis wat aan die hele kus van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan dit as die mackerel bekend. Die vis is ook bekend as die Pasifiese makriel of bloumakriel en is na verwant aan die Atlantiese makriel.

Makriel
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. japonicus
Binomiale naam
Scomber japonicus
Houttuyn, 1782

Voorkoms

wysig
 
Illustrasie

Die vis het 'n ronde, gestroomlynde lyf wat dit amper soos 'n tuna laat lyk. Die stert is dun by die basis en maak 'n diep vurk. Die rugkant van die vis is helder silwerig, met donkergroen golwende lyne aan die kante, terwyl die pens silwerwit is. Op die pens is ook klein swart kolletjies. Die vinne is bleekblou. Die visse weeg selde meer as 'n 1 kg terwyl enkele visse van 3 kg al gevang is.

Habitat en gewoontes

wysig

Die vis kom in diep waters voor (300 m is nie ongewoon nie) tot op die rand van die kontinentale plato. Makriel is 'n skoolvis wat leef op plankton, kril, klein vissies en klein pylinkvissies.

Makriel is 'n gewilde kommersiële eetvis, vanweë sy sagte vlees en goeie smaak. Makriel is ook hoog in omega-3 onversadigde vette en vitamien D, en 100 g gekookte vis verskaf 345 IU (3.45 IU/g) vitamien D.[1]

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Dietary Supplement Fact Sheet: Vitamin D". Office of Dietary Supplements (ODS) (in Engels). National Institutes of Health (NIH). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2012. Besoek op 11 April 2010.

Eksterne skakel

wysig