Osoog-tarpon
Die osoog-tarpon (Megalops cyprinoides) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom en is seldsaam suid van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Oxeye tarpon.
Osoog-tarpon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | Megalops cyprinoides
|
Binomiale naam | |
Megalops cyprinoides (Broussonet, 1782)
|
Voorkoms
wysigDie vis se lyf is slank en dun. Die dorsale vin se laaste straal is lank en die stertvin is diep gevurk. Daar is geen skubbe op die kop nie, die oë en die bek is groot. Die vis het klein tande. Die vis is silwer van kleur. Dit kan tot 60 cm lank word en weeg dan 3 kg.
Habitat
wysigDie visse broei in die see en beweeg dan later na die kus waar hulle gevind word in riviere en getymondings. Die onvolwasse visse leef saam in varswater en vreet plankton. Die volwasse visse vreet vis, inseklarwes en garnale. Die Osoogtarpon is een van die min seevisse wat lug inasem, hulle beweeg gereeld na die oppervlaktte vir lug. Die swemblaas is aangepas hiervoor.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1