Nizjni Nowgorod-oblast
Nizjni Nowgorod-oblast (Russies: Нижегоро́дская о́бласть, Nizjegorodskaja oblast) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Nizjni Nowgorod. Met ’n bevolking van 1,3 miljoen is Nizjni Nowgorod die grootste stad in die oblast en die vierde grootste in Rusland naas Moskou, Sint Petersburg en Nowosibirsk. Die tweede grootse stad is Arzamas.
Nizjni Nowgorod-oblast Нижегородская область | ||||
Die ligging van Nizjni Nowgorod-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Wolga | |||
Ekonomiese streek | Wolga-Wjatka | |||
Stigting | 5 Desember 1936 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Nizjni Nowgorod | |||
Leier | Waleri Sjantsef | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Wetgewende Raad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 3 310 597 | |||
Volgorde | 10de | |||
Digtheid | 43,5/km2 | |||
Stedelik | 78,9% | |||
Plattelands | 21,1% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 76 900 km2 | |||
Volgorde | 40ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 52, 152 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.government-nnov.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Die Wolga-rivier loop deur die gebied. Een van Rusland se grootste kloosters is op die dorp Sarof geleë. Ander historiese dorpe sluit in Gorodets en Balachna.
Geografie
wysigDie oblast beslaan ’n gebied van 76 900 km2, wat omtrent die grootte van die Benelux-lande is. Landbougrond beslaan sowat 41% van die streek, woude 48% en riviere en mere 2%.
Die oblast grens aan Kostroma-oblast in die noorde, Kirof-oblast in die noordooste, die Republiek van Mari El en Tsjoewasjië in die ooste, die Republiek van Mordowië in die suide, Rjazan-oblast in die suidweste, Wladimir-oblast in die weste en Iwanowo-oblast in die noordweste.
Ekonomie
wysigWat nywerheid aanbetref, is Nizjni Nowgorod-oblast die sewende belangrikste gebied in Rusland. Meer as 650 nywerheidsmaatskappye verskaf werk aan sowat 700 000 mense. Die belangrikste sektore is die ingenieurs- en die metaalwerkbedryf. Die streek het nie baie natuurlike hulpbronne nie. Die belangrikstes is sand (waaronder titaan-sirkoniumsand), klei, gips, turf, mineraalsout en hout.
Demografie
wysigVolgens die 2002-sensus maak Russe 95% van die oblast se bevolking uit. Ander etniese groepe sluit in Tatare (1,4%), Mordwiniërs (0,7%) en Oekraïners (0,7%).
Sowat 2 754 997 van die 3 524 028 inwoners woon in stede.
Verwysings
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nizjni Nowgorod-oblast.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia