Ekonomiese streek Noord-Kaukasus
Die ekonomiese streek Noord-Kaukasus (Russies: Се́веро-Кавка́зский экономи́ческий райо́н, Sewero-Kafkazski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit loop afwaarts in ’n noordelike rigting van die hoofreeks van die Kaukasusgebergte tot ’n gelyk vlak en is ryk aan olie, gas en steenkool.
Die streek is 355 100 km2 groot en die bevolking is 19 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 56 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 53/km2. Die grootste stede is Rostof aan die Don, Krasnodar, Grozni, Wladikafkaz en Noworossiisk. Sotsji is ’n gewilde oord.
Die belangrikste produkte van die streek is plaasmasjinerie, steenkool, petroleum en natuurlike gas. Die Koeban-rivierstreek, ’n vrugbare swartgrondgebied, verskaf ’n groot deel van Rusland se graan. Ook suikerbeet, tabak, rys en sonneblomme word geplant en daar word met beeste geboer. Ander riviere sluit in die Don, Koema en Terek, en die Wolga-Don-kanaal is ’n belangrike vervoerroete.[1]
Deelgebiede
wysigDie volgende deelgebiede val in die streek:
Verwysings
wysig- ↑ "Russia. The Columbia Encyclopedia, 6de uitg. 2001-07". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2007. Besoek op 25 Mei 2013.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia