Nqaba Bhanga
Bennet Mzwenqaba Bhanga (gebore 28 Augustus 1977), bekend as Nqaba Bhanga, is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is die huidige provinsiale leier van die Demokratiese Alliansie (DA) in die Oos-Kaap. Hy is ook die voormalige leier van die amptelike opposisie in die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer, 'n voormalige lid van die burgemeesterskomitee vir menslike nedersettings in die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit, 'n voormalige parlementslid, en die DA se voormalige skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA).[2]
Die agbare Nqaba Bhanga | |
---|---|
Uitvoerende burgemeester van Nelson Mandelabaai Metro | |
Termyn 4 Desember 2020 – 22 November 2021 | |
Voorganger | Mongameli Bobani |
Leier van die Opposisie in die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer | |
Termyn 22 Mei 2019 – 4 Maart 2020 | |
Premier | Oscar Mabuyane |
Voorganger | Bobby Stevenson |
Opvolger | Bobby Stevenson |
Oos-Kaapse provinsiale leier van die Demokratiese Alliansie | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Mei 2017 | |
Voorganger | Athol Trollip |
Lid van die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer | |
Termyn 22 Mei 2019 – 4 Maart 2020 | |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika | |
Termyn 1 Desember 2011 – 6 Augustus 2016 | |
Persoonlike gegewens | |
Gebore | Bennet Mzwenqaba Bhanga[1] 28 Augustus 1977 Port Elizabeth, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress (tot 2010) COPE (2011–2014) Demokratiese Alliansie (2014→) |
Lewensloop
wysigBhanga is op 28 Augustus 1977 in KwaZakhele, Port Elizabeth, gebore. Terwyl hy op die Hoërskool KwaZakhele was, het hy vir die eerste keer by studentepolitiek betrokke geraak. Hy is later verkies as die streekvoorsitter van die Congress of South African Students (Cosas).[3]
Bhanga het by die African National Congress aangesluit en die party se Nelson Mandelabaai-jeugleier[4] en SR-president van die Port Elizabeth Technikon geword waar hy sy eerste kwalifikasie in Publieke Administrasie verwerf het. Hy het later 'n nagraadse kwalifikasie in Maritieme Studies behaal. [5] [6] Bhanga het ook as die nasionale sekretaris-generaal van die South African Student Congress (SASCO) gedien.
In 2016 is hy tot raadslid verkies en is aangestel as die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings van die Nelson Mandelabaai Metro onder burgemeester Athol Trollip,[7] wie hy in 2017 as Provinsiale Leier van die DA-party opgevolg het.[8][9]
Op 4 Maart 2020 het Bhanga uit die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer bedank. Die DA het hom as hul burgemeesterskandidaat vir Nelson Mandelabaai aangewys, en hy is op 4 Desember 2020 onbestrede as burgemeester verkies.[10] Op 23 Augustus 2021 het John Steenhuisen, DA-leier, aangekondig dat Bhanga die DA se burgemeesterskandidaat vir Nelson Mandelabaai in die munisipale verkiesing van 2021 sou wees.[11]
Verwysings
wysig- ↑ 2019 LIST OF REPRESENTATIVES IN THE NATIONAL AND PROVINCIAL LEGISLATURE - GAZETTE – Eastern Cape
- ↑ "'Zuma will do to Ramaphosa what Mugabe did to Mujuru'". Bulawayo24 News (in Engels). 18 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2017. Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ "Former Cope MP Nqaba Bhanga is DA's pick as Eastern Cape premier candidate". DispatchLIVE. 5 September 2018. Besoek op 20 Februarie 2020.
- ↑ Sobuwa, Yoliswa (21 November 2016). "Leaders swap insults after Pityana storm". The Herald Live (in Engels (VSA)). Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ Williams, Allan (11 Maart 2014). "COPE MP crosses over to the DA: The Herald". The Herald Live. Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ "COPE MP crosses over to the DA: The Herald". 11 Maart 2014. Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ Maclennan, Sue (6 Maart 2017). "Fighting talk from the DA". Grocott's Mail Online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2017. Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ Mngxitama-Diko, Avuyile (7 April 2017). "Probe into revamp of old-age homes". The Herald Live (in Engels (VSA)). Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ Ford, Simthandile (5 Mei 2017). "DA pair set their sights on youth". DispatchLIVE (in Engels). Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ "JUST IN | DA's Nqaba Bhanga elected Nelson Mandela Bay mayor".
- ↑ Letshwiti-Jones, Pule (23 Augustus 2021). "DA announces its mayoral candidates to contest municipalities". News24. Besoek op 23 Augustus 2021.