Swartkopwielewaal

(Aangestuur vanaf Oriolus larvatus)

Die swartkopwielewaal is 'n sangvoël en algemene standvoël in Oos- en Suidelike Afrika. Dit is 'n aanpasbare spesie wat in verskillende boomryke omgewings aangetref word.

Swartkopwielewaal
In die Krugerwildtuin
Sang opgeneem in Kenia
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
O. larvatus
Binomiale naam
Oriolus larvatus
(Lichtenstein, 1823)
      verspreiding

Identifikasie

wysig

Die swartkopwieliewaal word aan sy swart kop en pienk snawel uitgeken; in teenstelling met die swartkeelgeelvink wat 'n swart snawel het. Die geslagte lyk eners en het 'n gemiddelde lengte van 25 cm.

Habitat

wysig

Hierdie voëls kom een-een of in pare voor in klam, goed ontwikkelde bosveld of gemengde bosveld, oewerbos en uitheemse bome. Hulle is lawaaierige, opvallende voëls wat die droë sentrale en westelike streke van Suider-Afrika vermy.

Verspreiding

wysig

Kom voor in die suidelike dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, eSwatini, Mpumalanga, Limpopoprovinsie, Mosambiek, Zimbabwe, die noordoostelike deel van Botswana, die Caprivistrook en die noordelike deel van Namibië.

Geluid

wysig

Sy gewone geroep is 'n helder "fioee"; uiter ook 'n skor alarmroep "tjurr".

Sien ook

wysig