Parys, Vrystaat
Parys is 'n dorp aan die oewer van die Vaalrivier, in die Vrystaat-provinsie van die Republiek van Suid-Afrika, sowat 120 kilometer suid van Johannesburg, met sowat 44 000 inwoners (indien die townships bygereken word). Die meerderheid van die bevolking is Sothosprekend, en 'n minderheid, hoofsaaklik in die dorpsentrum, praat Afrikaans.
Parys | |
---|---|
Die Nederduitse Gereformeerde Moederkerk in Parys. | |
Koördinate: 26°54′S 27°27′O / 26.900°S 27.450°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Ngwathe |
Stigting | 1882[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,30 km2 (9,00 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 8 071 |
• Digtheid | 346/km2 (900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 84.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 1.3% |
• Swart mense | 13.2% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 84.7% |
• Engels | 6.9% |
• Sotho | 5.1% |
• Ander | 3.3% |
Poskode (strate) | 9585 |
Poskode (posbusse) | 9585 |
Skakelkode | 056 |
Webwerf | http://www.parys.co.za |
Geskiedenis
wysigIn 1873 het die NG gemeente Kroonstad besluit om 'n nuwe gemeente noord van die Renosterrivier te stig. Daar is op die plaas Klipspruit besluit, wat 'n baie mooi uitsig oor die Vaalrivier gehad het. In 1880 is die inwoners se eerste petisie dat Parys 'n dorp moet word, van die hand gewys. Proklamasie het wel in 1882 gevolg. Munisipale status is in 1887 verwerf.
Die naam is 'n Afrikaanse vertaling van die Franse hoofstad Paris. Die naam is deur 'n Duitse opmeter gekies, wat tydens die Frans-Pruisiese Oorlog aan die beleg van Parys deelgeneem het. Blykbaar het die plek se ligging aan die oewer van die Vaalrivier hom herinner aan Parys en die Seine.
Parys is 'n gewilde bestemming vir binnelandse toerisme, en veral mense uit Gauteng doen naweke daar aan. Die dorp het uitstekende watersportgeriewe en 'n buitengewone geografiese ligging in die episentrum van die wêreld se grootste meteorietkrater, die Vredefortkoepel, wat sowat 2 miljard jaar gelede ontstaan het.
Vandag is Parys 'n deel van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit met sowat 120 000 inwoners (2001).
Crater Cruise Bergfietswedren
wysigDie Crater Cruise is 'n jaarlikse bergfietswedren wat in Parys begin en eindig. Gewoonlik reël die gemeenskap ander sportbyeenkomste saam met die byeenkoms bv. 21 km hardloopwedren.
Distrik
wysigDie distrik is 929 km² groot. Terwyl tabak en mielies van die belangrikste bedrywighede in die distrik is, is gewasse soos sonneblomsaad, sorghum, grondbone en sagtevrugte ook belangrik. Daar is ook verskeie vervaardigingsbedrywighede op Parys.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 10 Augustus 2015.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek Parys". Sensus 2011.
Bronne
wysig- Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Parys. |