Pasifiese bloumarlyn
- Die artikel handel oor die Pasifiese bloumarlyn, vir die Atlantiese bloumarlyn, sien Bloumarlyn.
Die Pasifiese bloumarlyn (Makaira mazara) is 'n vis wat in die Indiese- en Stille Oseane, noord van die 30° S-breedtegraad voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Pacific blue marlin.
Pasifiese bloumarlyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Binomiale naam | |
Makaira mazara (Jordan & Snyder, 1901)
|
Voorkoms
wysigDie kop en lyf is donkerblou aan die bokant en silwerwit aan die onderkant met 15 nou, ligblou, vertikale bande oor die lyf. Die vis het 'n lang snawel, word tot 4,5 m lank (snawel ingesluit) en weeg tot 906 kg.
Habitat
wysigDie vis kom voor in die oopsee en word selde op die kontinentale bank gevang. Hulle eet tjokka en vis - hoofsaaklik scombrids.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7