Platneus-sewekiefhaai
Die Platneus-sewekiefhaai (Notorynchus cepedianus) is 'n haai wat voorkom in gematigde waters in al die oseane van die wêreld. In Suid-Afrika kom die haai voor vanaf Namibië tot by Oos-Londen. In Namibië staan die haai bekend as die Koeihaai terwyl dit in Engels bekend staan as die Spotted Sevengill Shark.
Platneus-sewekiefhaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Notorynchus Ayres, 1855
|
Spesie: | N. cepedianus
|
Binomiale naam | |
Notorynchus cepedianus (Péron, 1807)
| |
Verspreiding | |
Sinonieme | |
Heptranchias haswelli* Ogilby, 1897
* dubbelsinnige sinonieme |
Voorkoms
wysigDie haai het sewe paar kieugleuwe aan weerskante van die kop. Daar is ses rye groot tande aan elke kant van die boonste- en onderkant van die kakebeen. Die kop en liggaam is silwer-grys tot vaal met swart spikkels op en die stert is lank. Die haai kan tot 3 m groot word en weeg 183 kg. Hulle kom voor tot op 'n diepte van 136 m. Die vel maak goeie leer.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7