Port Nolloth
Port Nolloth is 'n kusdorp aan die Atlantiese Oseaan 80 km suid van die mond van die Oranjerivier en Alexanderbaai aan die ruwe kus van Namakwaland in die Noord-Kaap. Die dorp se inwonertal in 2011 was 6 092. Die dorp word met die N7-nasionale pad verbind met die R382-streeksroete.
Port Nolloth | |
---|---|
Huise in die dorp Port Nolloth, 2005 | |
Koördinate: 29°15′S 16°52′O / 29.250°S 16.867°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Richtersveld |
Stigting | 1854 |
Oppervlak | |
• Totaal | 30,32 km2 (11,71 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 092 |
• Digtheid | 201/km2 (520/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 72.0% |
• Swart mense | 16.2% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 85.2% |
• Xhosa | 7.0% |
• Engels | 3.5% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 8280 |
Poskode (posbusse) | 8280 |
Skakelkode | 027 |
Geskiedenis
wysigDit is in 1855 gestig en verkry munisipale status in 1857. Dit is vernoem na M.S. Nolloth, kommandeur van die HMS Frolic, wat die kus in 1854 verken het. Die dorp is gestig om as 'n uitvoerhawe te dien vir kopererts vanaf Okiep. Die dorp het in 1919 begin kwyn toe die kopermyne gesluit is en het weer in 1927 'n terugslag beleef toe die erts en rukoper na die spoorterminaal by Bitterfontein vervoer is. Die ontdekking van spoeldiamante in 1926 langs die kus het weer nuwe lewe in die dorp geblaas.
NG Gemeente
wysigDie NG gemeente is in 1947 gestig en het al die jare Kleinsee ingesluit, totdat daardie gemeente in 1993 as Grootmist afgestig is. Albei gemeentes het tans sowat 200 volwasse (belydende) lidmate.
Dit is 'n gewilde vakansie-oord vir die binnelanders van Namakwaland.
Beelde
wysig-
Skeepswrak op die kus van Port Nolloth
-
Visserskuite en diamantdelwersbote in die hawe
Lees ook
wysigBronne
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Port Nolloth". Sensus 2011.