SV Drochtersen/Assel
Volledige naam | Spielvereinigung Drochtersen/ Assel e.V. |
Stigtingsdatum | 19 April 1977 |
Tuisveld | Kehdinger-stadion, Drochtersen |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Neder-Sakse Oos |
S.V. Drochtersen/Assel is 'n sokkerklub uit Drochtersen in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Assel is 'n dorpsdeel van Drochtersen wat tot 1972 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is op 19 April 1977 gestig as 'n samesmelting van die sokkerafdelings van Vereinigte Turnvereine Assel von 1909 en Turnverein Germania Drochtersen (gestig op 11 Augustus 1897).
Die eerste samesprekings tussen die klubs het reeds op 17 April 1974 plaasgevind, maar toe die voorstelle aan die lede van die klubs voorgelê is, het VTV Assel se lede teen die samesmelting gestem. Die twee klubs het wel tussen 1974 en 1977 gesamentlike jeugspanne in die veld gestoot as JSG Südkehdingen.
Beide moederklubs bestaan steeds en S.V. Drochtersen/Assel is eintlik 'n gesamentlike onderneming (Spielvereinigung) van die twee klubs se sokkerafdelings.
Die klub se beste prestasie was 'n 6de plek in die Oberliga in 2009.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysig- Amptelike klubwerf Geargiveer 15 April 2010 op Wayback Machine
Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen | |
SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – SV Rooiwit Cuxhaven – |