SV Rooiwit Cuxhaven
Volledige naam | Sportverein Rot-Weiss Cuxhaven e.V. |
Stigtingsdatum | 1990 |
Tuisveld | Sportplatz Kampfbahn, Cuxhaven |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Neder-Sakse Oos |
SV Rooiwit Cuxhaven is 'n sportklub uit Cuxhaven in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir aikido, basketbal, boogskiet, boks, gimnastiek, handbal, hokkie, judo, atletiek, tafeltennis en vlugbal.
Geskiedenis
wysigDie klub is in 1990 gestig as 'n samesmelting van Cuxhavener SV, Eintracht Cuxhaven en Brockeswalder SV.
Cuxhavener SV
wysigDie klub is op 4 Augustus 1911 as Marine SV Cuxhaven gestig. Die klub het in 1918 die uiteindelike naam aangeneem. Die klub was die mees suksesvolle van die voorgangers van SV Rooiwit Cuxhaven en sy grootste prestasie was om tussen 1919 en 1947 verskeie seisoene op die hoogste vlak mee te ding, insluitend twee seisoene in die Gauliga Osthannover.
Eintracht Cuxhaven
wysigDie klub is op 14 Maart 1909 as Freie Turnerschaft Cuxhaven gestig. Die sokkerafdeling is in 1910 gestig. As 'n arbeidersklub is die klub in 1933 deur die Nazi‘s ontbind. Dis weer in 1945 as VfL Cuxhaven herstig en op 11 Oktober 1949 het die klub met Schwimm- und Sport-Gemeinschaft Cuxhaven saamgesmelt om Eisenbahner Sport-Verein Eintracht Cuxhaven te vorm.
Brockeswalder SV
wysigDie klub is in 1933 gestig deur ontevrede lede van Cuxhavener SV. Die klub was tussen die 1965 en 1970 die nommer 1-klub in Cuxhaven toe die ander twee klubs in laer ligas meegeding het.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen | |
SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – SV Rooiwit Cuxhaven – |