Saagvin-suierbekkie
Die Saagvin-suierbekkie (Chiloglanis paratus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Limpoporivier, die Komatirivier en die Pongolarivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Sawfin suckermouth.
Saagvin-suierbekkie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. paratus
|
Binomiale naam | |
Chiloglanis paratus Crass, 1960
|
Voorkoms
wysigDie getande stekels in die dorsale en pektorale vinne in kenmerkend van die spesie en die stertvin is gevurk. Die kop is plat en die baarde is van medium lengte. Die vel is skurf en vol wit knoppies. Die lyf is donker bruin met swart skadu kolle op. Daar is twee donker bane op die stertvin en die vis word tot 85 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in rotsagtige riwwe en stroomversnellings in riviere en ook in rots poele.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1