Skaarswindswael
(Aangestuur vanaf Schoutedenapus myoptilus)
Die skaarswindswael (Schoutedenapus myoptilus) is 'n gelokaliseerde voël en algemene broeiende besoeker na die oostelike hoogland van Zimbabwe en aangrensende Mosambiek. Dit leef in kranse en rotsagtige voorgebergtes in beboste bergstreke. In Engels staan die voël bekend as die Scarce Swift.
Skaarswindswael | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Apodiformes |
Familie: | Apodidae |
Genus: | Schoutedenapus |
Spesie: | S. myoptilus
|
Binomiale naam | |
Schoutedenapus myoptilus (Salvadori, 1888)
|
Voorkoms
wysigDie voël is 17 cm lank en 25 - 30 g groot. Dit is grysbruin en die stert is lank en diep gevurk. Die kruis is donkerder. Dit is gevorm soos 'n kruising tussen 'n witkruiswindswael en palmwindswael. Die voël se vliegaksie is vinnig en effens rukkerig. Dit sweef met die vlerke teen 'n hoek ondertoe.
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Schoutedenapus myoptilus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)