Maak hoofkeuseskerm oop

Die witkruiswindswael (Apus caffer) is 'n windswael. Die voëls behoort aan die genus Apus wat onder die familie van windswaelagtiges (Apodidae) ressorteer. Hulle kom algemeen in Afrika suid van die Sahara voor, maar het ook na Marokko en die suide van Spanje uitgebrei. In Engels staan die voël bekend as white-rumped swift.

Witkruiswindswael
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Apodiformes
Familie: Apodidae
Genus: Apus
Spesie: A. caffer
Binomiale naam
Apus caffer
(Lichtenstein, 1823)

Die voël is 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika en verkies oop wêreld, dikwels naby water en is gereeld in dorpe en stede. Hulle broei en slaap gewoonlik in die neste van swaeltjies of kleinwindswaels.

VoorkomsWysig

 
'n Witkruiswindswael in vlug

Die voël is 14–16 cm groot en weeg 18 tot 20 gram. Die voël is swart met 'n prominente wit keel, redelike lang, diep mikstert en kenmerkende smal wit U op die kruis. Die stert word dikwels toe gehou en lyk dan skerppuntig.

Sien ookWysig

BronnelysWysig