Septeeboom
Die septeeboom (Cordia caffra) is 'n boom wat merendeels as 'n struik groei maar word 'n middelgroot boom op die rante van woude. Hulle aard nie in woude nie want hulle het genoegsame lig nodig om te groei. Die spesie kom vanaf die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot by Limpopo voor. Dit is ook inheems in Botswana, Eswatini, Madagaskar, Mosambiek en Namibië. Die boom se FSA-nommer is 652.[1]
Septeeboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Boraginales |
Familie: | Boraginaceae |
Genus: | Cordia |
Spesie: | C. caffra
|
Binomiale naam | |
Cordia caffra Sond., (1850)
| |
Sinonieme | |
|
Botswana, Cape Provinces, KwaZulu-Natal, Madagascar, Mozambique, Namibia, Northern Provinces, Swaziland
Blare en vrugte
wysigDie blare is enkelvoudig, afwisselend en word op lang, dun blaarstele gedra. Die boom het 'n welriekende, wit, klokvormige blom van sowat 10 cm lank. Die vrug is 1,2 cm in deursnee en is oranje wanneer dit ryp is. Die vrug word omsluit deur die blomkelk wat dikwels aan die boom bly nadat die vrug afgeval het.
Bas
wysigDie bas is glad en lyk asof dit geverf of vernis is - kenmerkend van die boom. Die bas skilfer ook onreëlmatig af sodat dit herinner aan 'n lekkerbreek of koejawelboom.
Fotogalery
wysig-
Bas
-
Loof en blomme
-
Blomme
-
Vrugte
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online