Sewebalk-nooientjie
Die sewebalk-nooientjie (Abudefduf septemfasciatus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Sevenbar damsel.
Sewebalk-nooientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. septemfasciatus
|
Binomiale naam | |
Abudefduf septemfasciatus (Cuvier, 1830)
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 19cm lank en is liggeel met 6 tot 7 donker vertikale breë, strepe op die sye en die kop. Somtyds is die streep oor die kop vaag. Die strepe word donkerder gedurende paartyd en wanneer die vis se gemoedstoestand verander. Die vis is territoriaal van aard en aggressief. Hulle leef in rots kusareas en vlak riwwe wat as gevolg van golfaksie ontbloot word in water wat 0.3 tot 4m diep is. Die onvolwasse vissies word in gety poele gevind. Hulle is alleenlopers en kan ook in klein groepies voorkom. Die vis vreet alge en klein ongewerweldes.
Die vis kan verwar word met die kolnooientjie (Abudefduf sordidus).
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3