Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Mei
(Aangestuur vanaf Sjabloon:Mei 19 selektiewe herdenkings)
19 Mei: Herdenking van Atatürk, Jeug- en Sportdag in Turkye (1919); Geboortedag van Hồ Chí Minh in Viëtnam.
- 1536 – Anna Boleyn, die tweede vrou van Hendrik VIII van Engeland, word onthoof vir egbreuk.
- 1780 – 'n Onverklaarde duisternis oor die ooste van Kanada en die Nieu-Engeland-state begin teen 2 nm.
- 1848 – Meksikaans-Amerikaanse Oorlog: Verdrag van Guadalupe Hidalgo – Meksiko beëindig die oorlog en verkoop Texas, Kalifornië en die grootste deel van Arizona en Nieu-Meksiko aan die Verenigde State vir $15 miljoen.
- 1971 – Mars-ruimteprogram: Mars 2 word deur die Sowjetunie gelanseer.
- 1999 – Star Wars: The Phantom Menace word uitgereik in rolprentteaters in die Verenigde State en stel 'n nuwe rekord vir die openingsdag op met kaartjieverkope van $28,5 miljoen.