Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/31 Mei
(Aangestuur vanaf Sjabloon:Mei 31 selektiewe herdenkings)
31 Mei: Uniewording (onafhanklikheid van Brittanje) in Suid-Afrika (1910) en Gedenkdag (2004) in die VSA
- 1678 – Die Godiva-optog begin in Coventry om lady Godiva se naakte rit deur die strate van Coventry in Engeland te gedenk.
- 1928 – Die Stem van Suid-Afrika word vir die eerste keer in die openbaar gesing.
- 1961 – Na 'n referendum beperk tot blanke stemgeregtigdes word Suid-Afrika tot Republiek verklaar.
- 1974 – Sirië en Israel teken 'n onttrekkingsverdrag om die Jom Kippoeroorlog te beëindig.
- 2003 – Air France staak alle Concorde-vlugte ná 'n noodlottige ramp naby die Paryse lughawe.