Spekvreters
Spekvreters (Cercomela) is 'n voormalige genus van voëls in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes).
Spekvreters (Cercomela) | |
---|---|
'n Gewone spekvreter by Hardapdam. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Cercomela Bonaparte, 1856
|
Spesies | |
Sien teks. |
Voëls in die genus is "spekvreters" genoem omdat hulle die gewoonte gehad het om aan die vet wat die Boere op die asse van hul ossewaens gesmeer het te pik.[1]
Spesies in die genus is in 2012 in twee afsonderlike genera verdeel, naamlik: Emarginata en Oenanthe.[2]
Voormalige spesies
wysigNou in Oenanthe (skaapwagters):
- Oenanthe dubia (was Cercomela dubia)
- Oenanthe familiaris (was Cercomela familiaris) - Gewone spekvreter
- Oenanthe fusca (was Cercomela fusca)
- Oenanthe melanura (was Cercomela melanura)
- Oenanthe scotocerca (was Cercomela scotocerca)
Nou in Emarginata:
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Ian Sinclair, Phil Hockey and Warwick Tarboton, SASOL Birds of Southern Africa (Struik 2002) ISBN 1-86872-721-1
- ↑ (en) Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2012). IOC World Bird Names (weergawe 3.2.)