Stadig oor die klippe
(Aangestuur vanaf Stadig oor die Klippe)
Stadig oor die Klippe is 'n Afrikaanse swart en wit rolprent wat op 19 September 1969 uitgereik is. Die rolprent is 'n variasie van die film Boerboel de Wet.
Stadig oor die Klippe | |
---|---|
Regisseur | Richard Daneel |
Produksieleier | Hyman Kirstein |
Draaiboek | Joe Stewardson Petru Stewardson |
Met | Al Debbo June Neethling Hal Orlandini |
Musiek deur | Nico Carstens Anton de Waal |
Kinematografie | John C. Brown |
Redigeerder | Bill Asher |
Ateljee | Protea Panorama Films |
Uitgereik | 19 September 1969 |
Speeltyd | 92 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie prent is ’n musiek-speurprent en 'n lekkerlag komedie.
Hoofrolspelers
wysig- Al Debbo as speurder Boetie Vlenters
- June Neethling as Monica Terreblanche
- Hal Orlandini as Gladde Hennie Gouws
- Don Barrigo as Big Boss
- Nico Carstens as homself
- Johan du Plooy as mnr. Wessels
- Dirk de Villiers as mnr. Bosman
- Francis Coertze as mev. Marais
- Josh du Toit
- Esmé Euvrard as mev.m Bosman
- Jaco van der Westhuizen as mnr. Spies
- Anina Conradie as mej. Marais
- Sarah Sylvia as mev. Bloom
- Sann de Lange as matrone
- Leonie Ross as mev. Wessels
- Ian Strauss
- Frank Wise
- Ralph Loubser
Storielyn
wysigBoetie Vlenters is ‘n sukkelende privaatspeurder wat voortploeter van saak tot saak. Elke keer kruis sy paadjie met dié van 'n bende diamantdiewe. Onder die indruk dat Boetie 'n briljante speurder is, besluit hulle om van hom ontslae te raak, telkens met skreeusnaakse gevolge.