Sydney Charles Buxton, 1ste Graaf Buxton
Lord Sydney Charles Buxton (1853 - 1934) was die Tweede Goewerneur-generaal van Suid-Afrika. Hy is in Engeland gebore en sy pa is Charles Buxton, 'n Britse parlementslid. Hy word in 1885 'n lid van die parlement, van 1892 tot 1895 was hy onder-minister van kolonies en van 1905 tot 1910 was hy Posmeester-generaal. In 1914 word hy Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Hy word ook Hoë Kommissaires vir Suid-Afrika. Hy kry te doen met die moeilike tydperk van die Eerste Wêreldoorlog en die 1914-Rebellie. Hy ontvang onder andere 'n deputasie Afrikanervroue wat om begenadiging vra vir rebelleleiers. Hy keer in 1920 terug na Engeland.
Sydney Charles Buxton | |
Posmeester-generaal
| |
Ampstermyn 1905 – 1910 | |
Monarg | Edward VII |
---|---|
Eerste minister | Henry Campbell-Bannerman Herbert Henry Asquith |
Voorafgegaan deur | Edward Stanley |
Opgevolg deur | Herbert Samuel |
Voorsitter van die Raad van Handel
| |
Ampstermyn 14 Februarie 1910 – 11 Februarie 1914 | |
Monarg | Edward VII George V |
Eerste minister | Herbert Henry Asquith |
Voorafgegaan deur | Winston Churchill |
Opgevolg deur | John Burns |
Ampstermyn 1914 – 1920 | |
Monarg | George V |
Eerste minister | Louis Botha Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | Herbert John Gladstone |
Opgevolg deur | Prins Arthur van Connaught |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 25 Oktober 1853 Londen, Engeland |
Sterf | 15 Oktober 1934 (op 80) Newtimber, West Sussex, Engeland |
Politieke party | Liberale Party |
Eggenoot/-note | Constance Mary Lubbock (1882–1892) Mildred Anne Smith (1896–1934) |
Alma mater | Trinity College, Cambridge |
Bron
wysigVoorafgegaan deur Herbert John Gladstone |
Goewerneur-generaal van Suid-Afrika 1914–1920 |
Opgevolg deur Prins Arthur van Connaught |