TOI 700 d is ’n eksoplaneet, moontlik ’n aardplaneet, wat om die rooidwerg TOI 700 wentel. Die ster is 101,4 ligjare van hier in die sterrebeeld Swaardvis. Die planeet is die eerste aardgrootte-eksoplaneet wat deur die Transiting Exoplanet Survey Satellite (TESS) in die bewoonbare sone van sy ster ontdek is, vroeg in Januarie 2020.[4][5][6]

TOI 700 d
Eksoplaneet
Soort planeet Aardgrootte
Moederster TOI 700
Ster se eienskappe
Sterrebeeld Swaardvis
Regte klimming 06h 28m 22.97s.[1]
Deklinasie -65° 34′ 43.01″.[1]
Skynmagnitude (m) 13,1±0,01[2]
Afstand (ligjaar) 101,4
Metaalinhoud -0,07±0,11[2]
Spektraaltipe M
Planeet
Massa 1,72 M
Radius 1,19 R
Temperatuur 268,8+7,7−7,6 K[3]
Wentelperiode 37,4260+0,0007−0,0010
Ontdekking
Datum 3 Januarie 2020
Ontdekkers TESS
Metode Oorgang
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Fisiese eienskappe

wysig

TOI 700 d is min of meer so groot soos die Aarde, met ’n soortgelyke radius en massa. Die massa is na raming 1,72 M en sy radius 1,19 R.

 
Die TOI 700-planeetstelsel.

Die moederster, TOI 700, is ’n rooidwerg (van spektraaltipe M). Dit het 40% die massa, 40% die radius en 50% die temperatuur van die Son.[6] Dit is ’n helder ster met ’n lae vlak van steraktiwiteit. Geen stervlamme is deur TESS waargeneem nie. Die lae rotasiespoed is ook ’n aanduiding van min steraktiwiteit.[2]

TOI 700 d wentel elke 37,4260 dae om sy ster, binne die bewoonbare sone. Die stelsel het nog twee planete, TOI 700 b en TOI 700 c, wat nie in die bewoonbare sone is nie.

Ontdekking

wysig

TOI 700 d is vroeg in Januarie 2020 deur TESS (’n ruimteteleskoop van Nasa) ontdek.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 "ExoFOP TIC 150428135". exofop.ipac.caltech.edu (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 7 Januarie 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 Gilbert, Emily A.; Barclay, Thomas; Schlieder, Joshua E.; Quintana, Elisa V.; Hord, Benjamin J.; Kostov, Veselin B.; Lopez, Eric D.; Rowe, Jason F.; Hoffman, Kelsey; Walkowicz, Lucianne M.; Silverstein, Michele L. (3 Januarie 2020). "The First Habitable Zone Earth-sized Planet from TESS. I: Validation of the TOI-700 System". astro-ph. arXiv:2001.00952.
  3. Rodriguez, Joseph E.; Vanderburg, Andrew; Zieba, Sebastian; Kreidberg, Laura; Morley, Caroline V.; Kane, Stephen R.; Spencer, Alton; Quinn, Samuel N.; Eastman, Jason D.; Cloutier, Ryan; Huang, Chelsea X. (3 Januarie 2020). "The First Habitable Zone Earth-Sized Planet From TESS II: Spitzer Confirms TOI-700 d". arXiv:2001.00954 [astro-ph].
  4. Andreolo, Claire; Cofield, Calla; Kazmierczak, Jeanette (6 Januarie 2020). "NASA Planet Hunter Finds Earth-Size Habitable-Zone World". Nasa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 6 Januarie 2020.
  5. Garner, Rob (6 Januarie 2020). "NASA Planet Hunter Finds Earth-Size Habitable-Zone World". Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2020. Besoek op 6 Januarie 2020.
  6. 6,0 6,1 Wall, Mike (6 Januarie 2020). "NASA's TESS Planet Hunter Finds Its 1st Earth-Size World in 'Habitable Zone'". Space.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 6 Januarie 2020.

Eksterne skakels

wysig