Tankwa Karoo- Nasionale Park
Die Tankwa Karoo- Nasionale Park is in die Karoo in die Wes-Kaapprovinsie geleë - naby die Roggeveldberge met naaste dorpe Wupperthal en Sutherland. Die park is 80 000 hektaar groot en is in 1986 geproklameer. Wat die park uniek maak, is die lae reënval (slegs 80 mm per jaar) en die bewaararea wat die unieke fauna en flora in hierdie gebied bewaar.
Tankwa Karoo- Nasionale Park | |
---|---|
| |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Wupperthal en Sutherland |
Koördinate: 32°15′0″S 19°45′0″O / 32.25000°S 19.75000°O | |
Oppervlak | 80 000 ha |
Openingsjaar | 1986 |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | Tankwa Karoo Nasionale Park |
Geografie
wysigDie Tankwarivier ontspring in die park en die Oudebaaskraaldam dam die rivier op.
Dierelewe
wysigDaar is 32 soogdierspesies bevestig wat in die park voorkom. Sommige van hulle is:
Plantegroei
wysigBome en struike wat in die park voorkom is die botterboom, renosterbos en melkbos. 'n Vygie wat hier voorkom is die Tankwavygie.
Lees ook
wysigBron
wysig- Slingsby, Peter: Tankwa-Karoo & the Roggeveld Escarpment. Slingsby Maps, 2018. www. slingsbymaps.com
- Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.
Eksterne skakels
wysig- karooinfo.com Geargiveer 13 Maart 2008 op Wayback Machine
- Sanparke webblad oor Tankwa