Tier Schoeman
Tier Schoeman (* 19 Desember 1992, Cradock) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Cheetahs in die Pro14-reeks, en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker as losvoorspeler speel.
| |||||
Volle naam | Paul Schoeman | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Tier | ||||
Geboortedatum | 19 Desember 1992 | ||||
Geboorteplek | Cradock, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,88 m | ||||
Massa | 108 kg | ||||
Skool | Hoër Landbouskool Marlow, Cradock | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank/Agtsteman | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010 2011-2012 |
OP Landelike Distrikte OP Kings |
||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013-2015 2016–2017 |
OP Kings Vrystaat Cheetahs |
32 12 |
(65) (25) | ||
korrek soos op 10 Junie 2018. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2016–2017 | Cheetahs | 24 | (35) | ||
korrek soos op 10 Junie 2018. | |||||
Pro14 | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2018– | Cheetahs | 21 | (10) | ||
korrek soos op 10 Junie 2018. |
Loopbaan
wysigSchoeman het in 2010 vir die Oostelike Provinsie Landelike Distrikte by die Cravenweek gespeel en daarna vir die OP Kings se o/19- (in 2011) en o/21-spanne (in 2012).
Hy is in 2013 in die seniorspan ingesluit vir die Vodacombekerkompetisie waar hy in sy eerste wedstryd teen die Grens Bulldogs ’n drie gedruk het.[1]
In Junie 2014 is hy gekies in die beginspan vir die OP Kings wat teen Wallis in ’n toerwedstryd gespeel het. Hy het vir die duur van die wedstryd gespeel, wat die Kings met 12–34 verloor het.[2]
Hy het sy Curriebekerdebuut in 2014 vir die Oostelike Provinsie gemaak teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld. In 2015 het hy ’n driekuns aan drieë behaal vir die OP Kings in ’n Vodacombekerwedstryd teen die Grens Bulldogs in Oos-Londen.[3]
Voor die aanvang van die 2016-seisoen het hy ’n kontrak met die Vrystaat Cheetahs onderteken,[4] en hy het sy Superrugbydebuut vir die Cheetahs gemaak in hul eerste wedstryd teen die Jaguares.
Eksterne skakels
wysig- Tier Schoeman by SARugby.co.za
- Paul Schoeman by itsrugby.co.uk
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Grens Bulldogs tn Oostelike Provinsie Kings". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 16 Maart 2013. Besoek op 24 Maart 2013.
- ↑ (en) "Wedstrydontleding: Oostelike Provinsie Kings vs Wallis". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 10 Junie 2014. Besoek op 10 Junie 2014.
- ↑ (en) "Wedstrydontleding: Grens Bulldogs vs OP Kings". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 27 Maart 2015. Besoek op 27 Maart 2015.
- ↑ "Willie du Plessis na Toulon, en Tier word 'n Cheetah". Netwerk24. 13 Augustus 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2015. Besoek op 13 Augustus 2015.