Vlag van Finland
Die nasionale vlag van Finland is op 28 Mai 1918 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld. In Fins word die vlag siniristilippu en in Sweeds blåkorsflagga (“bloukruisvlag”) genoem. Die Skandinawiese kruis verteenwoordig Christenskap.[2][3][4][5][6]
Bynaam | siniristilippu, blåkorsflagga |
---|---|
Gebruik | Burgerlike vlag en vaandel |
Verhouding | 11:18 |
Goedgekeur | 28 Mei 1918[1] |
Ontwerp | ’n Blou Skandinawiese kruis op ’n wit veld |
Bynaam | Staatsvlag |
Gebruik | Staatsvlag en -vaandel |
Verhouding | 11:18 |
Goedgekeur | 1978 |
Ontwerp | ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi) |
Bynaam | Swawelstertstaatsvlag |
Gebruik | Oorlogsvlag en Vlootvaandel |
Verhouding | 11:19 |
Goedgekeur | 1978 |
Ontwerp | ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi), swawelstert Afmetings: 4:3:4 (vertikaal) 5:3:6:5 (horisontaal) |
Bynaam | Presidentsvlag |
Gebruik | Ander |
Verhouding | 11:19 |
Goedgekeur | 1918 |
Ontwerp | ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi), swawelstert, met die vryheidskruis in die skildhoek (in die kleure goud op blou) |
Bynaam | Vlootvaandel |
Gebruik | Ander |
Verhouding | 1:1 |
Goedgekeur | 1918 |
Ontwerp | ’n Wit veld met die wapen van Finland in die middel |
Die staatsvlag toon ’n landswapen in die middel, maar dit is andersins identies aan die burgerlike vaandel. Die swawelstertstaatsvlag word deur die weermag gebruik. Die presidentsvlag is identies aan die swawelstertstaatsvlag, maar dit toon in die skildhoek die kruis van vryheid waarvan die Finse president as hoofmeester dien. Net soos die vlag van Swede is die vlag van Finland geskoei op die Skandinawiese kruis. Dit is na Finse onafhanklikheidwording van die Russiese Ryk aanvaar, toe baie Patriotiese Finne ’n unieke vlag vir hul land wou hê, maar sy ontwerp dateer uit die 19de eeu. Daar word gesê dat die blou kleur die land se duisende mere en die lug verteenwoordig, met wit vir die sneeu wat die land in die winter bedek. Hierdie kleurkombinasie is ook oor eeue heen in verskeie Finse provinsiale, militêre en dorpsvlae gebruik.
Geskiedenis
wysigVoorgeskiedenis
wysigVan die 1150’s tot in 1809 was Finland ’n integrale deel van die Sweedse Ryk, waarvolgens die vlag van Swede – ’n blou veld met ’n geel Skandinawiese kruis – ook oor Finland gewapper het. Tydens die Finse Oorlog het die Russiese Ryk Finland verower en met die Vrede van Fredrikshamn moes Swede Finland aan Rusland oorhandig. In dieselfde jaar is die Groothertogdom Finland gestig.[7]
Groothertogdom Finland
wysigDie Groothertogdom Finland het nie 'n amptelike vlag op sy eie gehad nie, maar verskillende soorte vlae is vir verskillende geleenthede gebruik. In die 1860's is in die Dieet van Finland oor 'n amptelike vlag gedebatteer, maar daar is nooit een goedgekeur nie.[8] Die vlag van Rusland was Finland se amptelike vlag tot en met sy onafhanklikwording.[9]
In 1812 is ’n amptelike vlag op se gekies vir regeringsgebruik. Dit was ’n wit vlag met die vlag van Rusland in die skildhoek en ’n kompasroos op die middel. In 1883 is dit vervang met ’n blou-kruis-vlag met die kompasroos in die skildhoek. ’n Posdiensvlag (’n wit vlag met die Russiese vlag in die skildhoek en ’n poshoring op die middel) is ook in die Groothertogdom gebruik, saam met ’n handelsvlag (’n blou vlag met die Russiese vlag in die skildhoek en die doeane-agentskap se embleem op die middel).
Op 3 Oktober 1821 is Finse skepe toegelaat om die Russiese vlag sonder toestemming te hys; oorspronklik was daar geen bepalings oor handelsvlae nie. Wit-blou-rooi-vlae met die Russiese vlag in die skildhoek is ook gebruik. Later is ses- en negebaanvlae met die kleure van die Russiese vlag twee of drie keer op ook in ’n mate gebruik.[10]
’n Blou vlag soortgelyk aan die huidige vlag van Finland is in 1861 vir die eerste keer gebruik deur die seiljagklub Nyländska Jaktklubben, versier met die wapen van Uusimaa in die skildhoek. Dit is geïnspireer deur die soortgelyke vlag van die Neva-seiljagklub. Die vlag van die seiljagklub is in 1890 deur die senaat goedgekeur, nadat die Sweedssprekende Östra Nylands Segelförening die vlag van Swede aangeneem het.[11]
Aan die einde van die 19de eeu is vlae met die Finse wapen op gebruik by nieamptelike geleenthede soos private landgoedere en betogings. By amptelike geleenthede is veral die Russiese wit-blou-rooi driekleur gebruik.[12]
Die Groothertogdom Finland het aan die Olimpiese Somerspele 1908 in Londen en die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm met sy eie span deelgeneem. Tydens die 1908-openingseremonie het die Finse span laaste en bloot met ’n karton en die woord “Finland” op ingestap.[13] Tydens die 1912-openingseremonie het hulle onder ’n nasionale kentekenvlag van ’n Sweedssprekende vrouegimnastiekkluber uit Helsinki ingestap, terwyl by die medaljeseremonies vir die Finse atlete die Russiese vlag met ’n wit-blou wimpel op wat lees “Finland” gehys is.[14]
Ontstaan van die huidige vlag
wysigDie eerste “vlag van Finland”, sover bekend, is in 1848 vertoon saam met die sing van die volkslied, die Maamme. Die motief vir daardie vlag was die Finse wapenskild, omring deur lourierblare, op ’n wit veld.
Die huidige bloukruisontwerp is vir die eerste keer in Finland gebruik deur die Nyländska Jaktklubben, ’n seiljagklub wat in 1861 in Helsinki gestig is. Saam met die blou kruis op die wit veld het die seiljagklub die wapenskild van die provinsie Uusimaa met ’n kroon daaroor en in twee gekruisde takke in die skildhoek bevat. Buiten die posisie van die kruis was die vlag soortgelyk aan die vlag van die St. Petersburg-seiljagklub wat die vorige jaar gestig is. Die ontwerp kan teruggespoor word na die vaandel van die Russiese Vloot wat ’n blou Sint Andreaskruis op ’n wit veld gebruik. Gedurende die Krimoorlog het Finse handelskepe wat deur die Brits-Franse vloot gevang is, die vlag van Sint Joris vertoon, wat gebaseer was op die vlag van die Russiese doeanediens. In hierdie variant was die kruis dunner as in die moderne vlag en die verhouding was 1:1. ’n Ander bloukruisvlag is in 1861 amptelik aanvaar vir die gebruik van privaat vaartuie.
In 1910 het die Russiese owerhede, in verband met die Russifisering van Finland, verklaar dat ’n Russiese vlag in die skildhoek gevoeg moet word. Dit het egter teenstand ontlok; hierdie vlag is bespot as die “slawevlag” (orjalippu) en die meeste Finne het geweier om dit te vertoon. In plaas daarvan is ’n vaantjie (’n driehoekige vlag), sonder hierdie modifikasie, vertoon en op dié manier is die besluit rakende die vlag omseil.
Die staatsvlag is in 1922 nog verder gewysig toe die kroon verwyder is en weer in 1978 toe die skildvormige wapenskild in ’n reghoekige vorm verander is.
Vorige vlae
wysig-
Vlag Finland in die Sweedse Ryk, 1150’s tot 1620
-
Die vlag van Rusland was die amptelike vlag van die Groothertogdom Finland, 1809 tot 1917
-
Die jagvaandel wat gebruik is deur die Nyländska Jaktklubben, 1861 tot 1900
Ontwerp
wysigDie Finse vlag het die volgende tegniese ontwerp:
Grootte
wysigVolgens die Finse reg is die verhouding van die vlag 11:18, wat baie naby aan die goue snit is. Die swawelstertstaatsvlag is een eenheid langer en die sterte is vyf eenhede lank. Die spitswydte van die blou kruis is drie maateenhede wat dit ’n vertikale verhouding van 4:3:4 en ’n horisontale verhouding van 5:3:10 gee. Wanneer dit aan ’n vlagpaal vertoon word, is die aanbeveling dat die vlag se wydte gelyk is aan een sesde van die hoogte van die vlagpaal.
Kleure
wysigDie kleure vir die staatsvlag word in CIE 1931 en CIE 1976-standaarde gespesifiseer, asook in die Sweedse standaard SS 01 91 22 en in Pantone:
Kleurskema | Blou | Rooi | Geel | |||
---|---|---|---|---|---|---|
Heksadesimaal | #002F6C | #C8102E | #FFC72C | |||
RGB | 24-68-126 | 181-28-49 | 237-167-0 | |||
CIE (x, y, Y) | 0.1856, 0.1696, 5.86 | 0.576, 0.312, 10.9 | 0.486, 0.457, 45.7 | |||
CIE (L, a, b) | 29.06, 7.24, -36,98 | 39.4, 59.0, 29,6 | 73.4, 14,8, 79.0 | |||
SS 01 91 22 | 4060-R90B | 1090-Y90R | 0080-Y204 | |||
Pantone | 294 C | 186 C | 123 C |
Daar is geen amptelike RGB-definisie vir die kleure nie omdat die toonskaal te klein is. Die benaderde kleure in sRGB vanaf die CIE L*a*b*-kleure word in die tabel hier bo weergegee. Die geel lê in werklikheid buite die sRGB-kleurruimte. Die blou word “seeblou” genoem wat ’n donker tot medium blou is. Dit is nie ’n baie donker vlootblou nie en ook nie ’n helder groenerige blou soos turkoois of siaan nie. Dit kan vervang word deur die heraldiese tinktuur van asuur. Persone wat die vlag wil herskep kan die hex-kleur #002F6C gebruik. Die RGB-waarde wat van die Pantone (294 C) afgelei is, t.w. 0-47-108 is ook naby aan die korrekte kleur.[15]
Rooi en geel word gebruik in die wapenskild wat op die staatsvlag vertoon word.
Gebruik
wysigDie Finse vlag word in drie hoofvariante gebruik. Die gewone nasionale vlag word gebruik deur al die burgers, organisasies, munisipaliteite en streke. Enigeen word toegelaat om die nasionale vlag te wapper wanneer hulle dit ook al gepas ag.[16][17] Die reghoekige staatsvlag word gebruik deur[18] instansies van die Finse nasionale en provinsiale regerings, die katedraalkapittels van die twee nasionale kerke (Evangelies en Ortodoks) en nie-vlootvaartuie van die staat.
Die swawelstertstaatsvlag, wat ook die vlootvaandel is, word deur die Finse verdedigingsmagte gebruik. Die presidentsvlag en die beveltekens van die minister van verdediging, hoof van verdediging en bevelvoerder van die Finse Vloot word slegs deur die betrokke persone gebruik.
Al die openbare instansies sowel as die meeste privaat burgers en maatskappye hys die vlag op amptelike vlagdae. Benewens die amptelike vlagdae is daar sowat tien nieamptelike maar algemene vlagdae wat waargeneem word. Behalwe vir vlagdae word oor die algemeen geen vlae of korporatiewe vlae gehys nie. Vlagdag word op Midsomerfees (Juhannus) gevier.
Die Finse vlag word op 8:00 gehys en teen sononder gestryk, maar nie later as 21:00 nie. Op Onafhanklikheidsdag word die vlag tot op 20:00 gewapper, ongeag die donker. Ná groot nasionale ongelukke kan die minister van binnelandse sake aanbeveel om die vlag in die hele land halfstok te hys.[19]
Dit is ’n besondere gebruik in Finland om die vlag tydens Midsomer van 18:00 op Midsomeraand tot 21:00 op Midsomerdag te laat wapper. Dit simboliseer die feit dat die duisternis op Midsomerfees nie na enige deel van Finland kom nie. Midsomerfees is ook die dag van die Finse vlag.[20]
Ander reëls
wysigVolgens Finse wette is dit verbode om die vlag te skend of om die op oneerbiedige wyse te gebruik. Dit is ook onwettig om ’n vlag sonder toestemming van die vlagpaal te verwyder. Skuldiges kan ’n boete opgelê word vir ontering van die vlag.[21]
Finse wette verbied ook die gebruik van die presidensiële standaard of die staatsvlag sonder toestemming, asook die toevoeging van enige bykomende simbole tot die vlag. ’n Vlag met verskillende kleure of geometrie as wat die wette voorskryf, mag ook nie verkoop word nie. Dit word gesien as oortredings van die vlagregulasies wat tot ’n boete kan lei.[21]
Daar is ook algemene reëls oor hoe om die vlag met eerbied te gebruik. Die vlag moet nie vuil of beskadig wees nie. Die vlag mag nie aan die grond raak nie. Wanneer die vlag gewas is moet dit binnenshuis gedroog word. ’n Vlag wat verweer is moet weggedoen word deur dit te verbrand (hoewel nie met die bedoeling om dit oneer aan te doen nie), of deur dit in klein stukke te sny sodat dit nie as dele van die vlag herken kan word nie. Die vlag moet nie in die grond of die see begrawe word nie (insluitend om dit in die rommel te gooi).
In Finland is die amptelike term wanneer die vlag halfstok gehys word suruliputus (“rou deur te vlag”). Dit word uitgevoer deur die vlag kort tot sy volle hoogte te hys en dit dan laat saak tot sowat een derde van die vlagpaal se hoogte. Aan vlagpale teen mure of bo-op dakke word die middel van die vlag tot in die middel van die vlagpaal se hoogte gehys. Wanneer die vlag van sy halfstokposisie gestryk word, word dit kort tot volle hoogte gehys, voordat dit volledig laat saak word.[22]
Tradisioneel wapper privaat wonings en woonstelhuise die landsvlag halfstok op die dag van die dood van ’n inwoner en die vlag bly halfstok tot sononder of 21:00, afhangende wat eerste kom. Vlae word ook halfstok gehys op die begrafnisdag, met die uitsondering dat die vlag volstok gehys moet word nadat die begrafnis plaasgevind het.
Vlae word ook halfstok gehys by regeringsagentskappe en ambassades wêreldwyd op nasionale roudae en “die hele nasie word gevra om aan te sluit”. Hierdie dae is die afsterwe van voormalige of dienende presidente van Finland, sowel as beduidende katastrofiese gebeurtenisse soos die nasleep van die Indiese Oseaan-aardbewing en -tsoenami van 2004, 2011-aanvalle in Noorweë en belangrike nasionale gebeure soos die Konginkangas-busongeluk 2004 en die skoolskietvoorvalle van Jokela en Kauhajoki.
Histories is vlae halfstok gehys op die Herdenkingsdag vir Gevalle Soldate wat op die derde Sondag van Mei gehou word. Oorspronklik is die vlag soggens volstok gehys, van 10:00 tot 14:00 halfstok gehys en vir die res van die dag weer volstok gehys. In 1995, met die 50ste herdenking van die Tweede Wêreldoorlog se einde, is die tradisie om die vlag halfstok te hys gestaak en die vlag word op die gewone manier volstok gehys.
Vlagdae
wysigIn Finnland is daar sowel amptelike as genaturaliseerde vlagdae.[23][24][25]
Op amptelike vlagdae, wat ook wettiglik bepaal is, moet by openbare geboue die Finse vlag gehys word. Dit is op die volgende dae van toepassing:
- 28 Februarie – Kalevalan päivä/Kalevadagen, Dag van Finse kultuur
- 1 Mei – vappu/första maj, Dag van Finse werk
- Die tweede Sondag van Mei – Moedersdag
- 4 Junie – puolustusvoimain lippujuhlan päivä/försvarets fanfest, Weermagvlagfeesdag
- Die Saterdag tussen 20 en 26 Junie – Juhannus, Midsomerfees en Suomen lipun päivä/Finlands flaggas dag, Dag van die Finse vlag
- 6 Desember – itsenäisyyspäivä/självständighetsdagen, Onafhanklikheidsdag
- Op verkiesingsdae van die Eduskunta/Riksdagen (parlement), streeksrade en die Europese parlement, asook dae van referenda.
- Die inhuldigingsdag van die President van die Finse Republiek
Daarbenewens word die Finse vlag tradisioneel op die volgende genaturaliseerde vlagdae gehys, maar dit is nie verpligtend nie. Dit is op die volgende dae van toepassing:
- 5 Februarie – J. L. Runebergin päivä/Runebergsdagen, Johan Ludvig Runeberg-dag
- 19 Maart – Minna Canthin päivä/Minna Canthdagen, Minna Canth-dag – Geslagsgelykheidsdag
- 9 April – Mikael Agricolan päivä/Mikael Agricoladagen, Mikael Agricola-dag van die Finse taal
- 27 April – kansallinen veteraanipäivä/nationella veterandagen, Nasionale Veteranedag
- 12 Mei – J. V. Snellmanin päivä/Snellmansdagen, Dag van Finse kultuur
- Die derde Sondag van Mei – Gedenkdag vir gevalle soldate
- 6 Julie – Eino Leinon päivä/Eino Leinodagen, Eino Leino-dag, dag van digkuns en die somer
- 10 Oktober – Aleksis Kiven päivä/Aleksis Kividagen, Aleksis Kivi-dag, dag van Finse letterkunde
- 24 Oktober – Yhdistyneiden Kansakuntien päivä/FN-dagen, VN-dag
- 6 November – ruotsalaisuuden päivä/svenska dagen, Dag van Sweedse kultuur
- Die tweede Sondag van November – Vadersdag
- 8 Desember – Jean Sibeliuksen päivä/Jean Sibeliusdagen, Jean Sibelius-dag, dag van Finse musiek (sedert 2011)
Daarbenewens beskik die Sami en Ålanders oor hul eie vlagdae vir hul eie amptelike vlae.
Seiljagklubvaandels
wysig’n Finse besonderheid is dat enige in Finland geregistreerde seiljagklub aansoek mag doen vir die gebruik van ’n amptelik vir seiljagte goedgekeurde vlag met die klubembleem. So ’n vaandel sal die burgerlike vaandel met ’n wit kruis wees, 3⁄5 van ’n eenheidwyd, op die blou kruis en met die klubembleem in die skildhoek. Die meeste seiljagklubs deel hierdie vaandels aan hul lede uit en hulle word wyd gebruik, maar dit word aanbeveel om hulle buite Finse waters nie te gebruik nie om verwarring te voorkom.[verwysing benodig] Die seiljagklubvaandel is egter geldig selfs vir amptelike internasionale gebruik.[26]
Ander vlae
wysigVlae en standaarde
wysig-
Staatsvlag van Finland, sedert 1978
-
Militêre vlag van Finland, sedert 1978
-
Vlag van die Finse Lugmag
-
Variant van die Finse vlootgeus
-
Presidentsvlag van Finland, sedert 1978
Verwante vlae
wysigVoorstelle
wysigKort nadat Finland in 1917 onafhanklikheid verkry het, is ’n kompetisie geloods vir die ontwerp van ’n Finse vlag. Verskeie ontwerpe is ingedien. In terme van kleure kon die inskrywings hoofsaaklik in twee kategorieë gedeel word – een met rooi en geel wat van die Finse wapenskild kom, en die ander met blou en wit soos wat die vlag kleure vantevore reeds was.
Een inskrywing se ontwerp het die kruis van die Orde van die Dannebrog bevat, maar met ’n geel kruis op ’n rooi veld. ’n Ander ontwerp het diagonale blou en wit bane gehad, maar het kritiek ontlok deurdat dit skynbaar eerder voor ’n barbierswinkel gebruik sou kon word as om ’n nuwe onafhanklike land te verteenwoordig. Akseli Gallen-Kallela het ’n soortgelyke kruisvlag voorgestel, maar met die kleure omgeruil (’n wit kruis op ’n blou veld) maar dit sou te na aan die Sweedse vlag en die Griekse vlag van daardie tyd lyk. Eindelik het die kunstenaars Eero Snellman en Bruno Tuukkanen die finale vorm van die vlag gespesifiseer. Volgens tradisie is die vlag gebaseer op ’n ontwerp deur die digter Zachris Topelius wat uit ongeveer 1860 dateer.[27]
-
Vlagvoorstelle vir Finland
-
Vlagvoorstelle vir Finland
Subnasionale vlae
wysigVan die 19 Finse landskappe (maakunta/landskap) beskik oor hul eie vlae wat almal amper identies aan elkeen se wapen is.
Munisipale vlae
wysigSommige van die Finse munisipaliteite beskik ook oor hul eie vlae.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Finland". Flags of the World. Besoek op 24 Augustus 2024.
- ↑ (en) Jeroen Temperman (2010). State Religion Relationships and Human Rights Law. Martinus Nijhoff Publishers. ISBN 978-9004181489. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2023. Besoek op 23 April 2023.
- ↑ (fi) Varpio, Yrjö (1980). Väinö Linna: toisen tasavallan kirjailija. Söderström. p. 235. ISBN 9789510100813. Besoek op 23 Oktober 2014.
- ↑ (en) Carol A. Foley (1996). The Australian Flag: Colonial Relic or Contemporary Icon. William Gaunt & Sons. ISBN 978-1-86287-188-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2023. Besoek op 31 Desember 2007.
- ↑ (en) Andrew Evans (2008). Iceland. Bradt. ISBN 978-1-84162-215-6. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2023. Besoek op 31 Desember 2007.
- ↑ (fi) "Suomen lippu muistuttaa kristillisistä arvoista". Rauhantervehdys 41/2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2017. Besoek op 9 Maart 2017.
- ↑ (en) "Finland". American Political Science Review. 4 (3): 350–364. 1910. doi:10.2307/1945868. ISSN 1537-5943. JSTOR 1945868. S2CID 240188077.
- ↑ (fi) Caius Kajanti (1997). Siniristilippumme. pp. 110–140. ISBN 951-1-13552-X.
- ↑ (fi) "Suomen lipun historia". Departement van Binnelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2024. Besoek op 1 Maart 2024.
- ↑ (fi) Caius Kajanti (1997). Siniristilippumme. pp. 88–90. ISBN 951-1-13552-X.
- ↑ (fi) Caius Kajanti (1997). Siniristilippumme. pp. 79–80. ISBN 951-1-13552-X.
- ↑ (fi) Caius Kajanti (1997). Siniristilippumme. p. 164. ISBN 951-1-13552-X.
- ↑ (fi) Sjöblom, Kenth (2007). "Autonominen olympiamaa" [Sporting autonomy]. In Tikander, Vesa; et al. (reds.). Sadan vuoden olympiadi. Suomalaisen olympialiikkeen historia. Helsinki: WSOY. pp. 27–28. ISBN 978-951-0-32429-5.
- ↑ (fi) Caius Kajanti (1997). Siniristilippumme. pp. 176–178. ISBN 951-1-13552-X.
- ↑ (en) "Pantone 294C". rgbTo.
- ↑ (en) "Flying the Finnish flag". Departement van Binnelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2012. Besoek op 8 Februarie 2012.
- ↑ (fi) "Laki Suomen lipusta (380/1978) 4 §". Finlex. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2015. Besoek op 5 November 2015.
- ↑ (fi) "Laki Suomen lipusta (380/1978) 5 §". Finlex. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2015. Besoek op 5 November 2015.
- ↑ (en) "Times of day the flag should be flown". Departement van Binnelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2012. Besoek op 13 Februarie 2012.
- ↑ (fi) "Asetus Suomen lipusta (383/1978) 3–4 §". Finlex. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2020. Besoek op 31 Oktober 2020.
- ↑ 21,0 21,1 (fi) "Laki Suomen lipusta". Finlex. Besoek op 24 Augustus 2024.
- ↑ (en) "Flying the flag at half-mast". Departement van Binnelandse Sake. Besoek op 24 Augustus 2024.
- ↑ (en) "The days the Finnish flag is flown". Sisääsiainministeriö. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2007. Besoek op 4 Julie 2007.
- ↑ (fi) "Asetus liputuksesta Suomen lipulla". Finlex. Besoek op 24 Augustus 2024.
- ↑ (sv) "Förordning om flaggning med Finlands flagga". Besoek op 24 Augustus 2024.
- ↑ (fi) "Laki Suomen lipusta (380/1978) 4.2 §". Finlex. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2015. Besoek op 5 November 2015.
- ↑ (en) Eric Inglefield (1978). Flags. Ward Lock. p. 53.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Finland. |
- (en) Finland by Flags of the World.
- (en) "Flag of Finland". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Augustus 2024.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |