Vlakteplaas
Vlakteplaas is ‘n boerderystreek in die Klein-Karoo bekend om sy soetwyn.
Die gebied is op die suidelike voetheuwels van die Swartberge rondom die punt 33° 30′ suid, 22° 43′ oos en net noordoos van die Stompdriftdam. ‘n Grondpad draai noordoos uit die teerpad tussen De Rust en Willowmore (die R341) na die plaaskontrei. Die Olifantsrivier loop deur die gebied.
Op die spoorlyn tussen Oudtshoorn en Klipplaat is die spoorweghalte Vlakteplaas (tussen die haltes Stompdrift en Rooiloop) bekend by baie treinreisigers van die verlede vir die standbeeld op die aangrensende plaas net langs die perron. Dit is die beeld van die bekende boer Petrus Albertus Schoeman (*15 Julie 1856 - †25 Mei 1910).
Jans Rautenbach het by Vlakteplaas op sy hoewe Oulap geboer. Sekere tonele in die films Pappa Lap en Paljas is op die stasie en omgewing opgeneem.
Lees ook
wysigBibliografie
wysig- maplandia.com
- Slingsby, Peter: Exploring the Swartberg & Klein-Karoo. Muizenberg: Slingsby Maps, 2011. ISBN 978-1-919900-94-0 (www.slingsbymaps.com)
- www.mindat.org