Warrenton, Noord-Kaap
- Hierdie artikel handel oor die dorp in die Noord-Kaap in Suid-Afrika. Vir ander gelyknamige plekke, sien Warrenton (dubbelsinnigheidsbladsy).
Warrenton is 'n dorp in die ooste van die Noord-Kaap, in Suid-Afrika. Die dorp is langs die N12 nasionale pad en op die oewer van die Vaalrivier geleë. Die dorp ondersteun hoofsaaklik die omliggende boerdery-gemeenskappe. In 1888 word diamante hier ontdek en word tot 1926 ontgin. Die dorp is genoem na Charles Warren.
Warrenton | |
---|---|
Dorp | |
Spoorwegbrug oor die Vaalrivier by Warrenton | |
Koördinate: 28°7′S 24°51′O / 28.117°S 24.850°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Magareng |
Stigting | 1880 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike munisipaliteit |
• Burgemeester | Gladys Makena (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 31,7 km2 (12,2 vk. myl) |
Hoogte | 1 180 m (3 870 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 22 588 |
• Digtheid | 713/km2 (1 850/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 14.2% |
• Swart mense | 79.6% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 66.7% |
• Afrikaans | 21.7% |
• Xhosa | 3.8% |
• Sotho | 2.0% |
• Ander | 5.8% |
Poskode (strate) | 8530 |
Poskode (posbusse) | 8530 |
Skakelkode | 053 |
Distrik
wysigDie distrik is 1 585 km² groot. Die landbou van die distrik, bedryf op die Vaal-Harts-besproeiing nedersetting, lewer grondbone, lusern, koring, mielies en katoen. Bees- en merinoskaapboerdery is ook belangrik. Daar is verskeie kaasfabrieke in die distrik. Kaolien (porseleinklei) word ook gemyn.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Warrenton, Noord-Kaap.